Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Liggaam kan dalk aanleer om insulien te vervaardig

Navorsers glo dat met mediese vooruitgang die menslike liggaam in die toekoms die vermoë aangeleer kan word om insulien op aanvaarbare vlakke op sy eie te vervaardig.

Volgens die webwerf Medical News Today kon wetenskaplikes by die Universiteit van Bergen in Noorweë onlangs vir die eerste keer die werking van die proses onderliggend aan sel-identiteit omskryf.

Hulle het bevind dat elke sel in die liggaam ontwikkel om ’n sekere funksie te vervul, maar dat die identiteit wat sekere selle aanneem nie altyd finaliteit bereik nie. Sommige volwasse selle het die vermoë om aan te pas en beskik oor die potensiaal om selle met ander funksies, wat doodgegaan het of beskadig is, te vervang.

The Week berig dat wetenskaplikes hoop dat die ontdekking ’n nuwe tydvak kan inlui waar die liggaam met ’n bietjie hulp sy eie insulien kan vervaardig.

Diabetes word veroorsaak wanneer die liggaam se vermoë om die hormoon insulien te vervaardig of om daarop te reageer, aangetas is. Insulien is noodsaaklik vir die regulering van bloedsuikervlakke. Talle diabete neem insulien om hul vlakke te reguleer.

Die navorsers in Noorweë het deur spesifiek die pankreatiese alfa- en betaselle in rotte te bestudeer nou vir die eerste keer agtergekom dat sekere sleutelmeganismes bestaan wat toelaat dat selle se identiteit verander. Hulle het vasgestel dat die alfaselle oor die vermoë beskik om op komplekse seine wat hulle van naburige selle ontvang te reageer. Bykans 2% van die alfaselle kan dus hulself herprogrammeer om insulien te vervaardig.

Die navorsers kon daarin slaag om deur ’n samestelling die seine van selle in die pankreas te beïnvloed om selle wat insulien vervaardig met 5% te verhoog. Hoewel dit ’n betreklik klein persentasie is, meen kundiges dat dit die eerste stap is in die rigting van hoe die liggaam sy eie potensiaal kan gebruik om diabetes suksesvol te beveg.

Luiza Ghila, een van die navorsers by die Universiteit van Bergen, het volgens die webwerf Science Daily gesê dat hul ontdekking ook moontlik die weg baan vir medici om ander toestande wat deur die afsterwe van selle veroorsaak word, soos Alzheimer se siekte en beskadigde selle ná ’n hartaanval, suksesvol te behandel.

The Week berig dat wetenskaplikes hoop dat die ontdekking ’n nuwe tydvak kan inlui waar die liggaam met ’n bietjie hulp sy eie insulien kan vervaardig. Indien meer kennis opgedoen word oor die werking onderliggend aan die selle se vermoë om te verander, kan die proses beheer word sodat meer selle se identiteit verander kan word om insulien te vervaardig.

Meer oor:  Noorweë  |  Gesondheid  |  Wetenskap  |  Diabetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.