Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Mikrobioloog by US ontwikkel probiotika

’n Probiotika wat die hele maagdermkanaal belyn, is plaaslik ontwikkel.

Prof. Leon Dicks, mikrobioloog aan die Universiteit Stellenbosch, het die stamme ontwikkel vir Cipla se drie entiro-produkte. Dit is beskikbaar in koutablette, kapsules en ’n poeier wat in die mond oplos.

As die miljarde mikrobes in die maagdermkanaal versteur word, kan dit lei tot verskeie toestande, soos hardlywigheid, diarree, rumatoïed-artritis en inflammasie.

Die vriesdroogmetode wat ontwikkel is vir entiro is uniek en stabiliseer die probiotika-bakterieë. Dit was moontlik omdat ons ’n deeglike begrip het van die metaboliese aktiwiteite en gedrag van die stamme.

Op ’n vraag of die enigste werklik waardevolle probiotika die vloeibare soort is wat ’n mens in die yskas hou, het hy gesê: “Baie probiotika-bakterieë is sensitief vir uitdroging en moet in vloeibare vorm aangevul word.

“Die vriesdroogmetode wat ontwikkel is vir entiro is uniek en stabiliseer die probiotika-bakterieë. Dit was moontlik omdat ons ’n deeglike begrip het van die metaboliese aktiwiteite en gedrag van die stamme.”

Hy het gesê ’n mens het net twee stamme nodig: L. plantarum (aërobe-bakterieë) wat danksy die suuragtige omgewing meestal aan die dunderm heg, asook E. mundtii (anaërobe-bakterieë) wat aan die dikderm heg weens die alkaliese omgewing.

Van die produkte kan vir babas van ses maande en ouer en kinders ouer as twee jaar gegee word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.