Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Moderne mens en Neanderdal het baie in gemeen

Die skelet van die Neanderdal-kind van 49 000 jaar gelede wat in Spanje gevind is. Hy was 7 jaar en ses maande oud toe hy dood is. Foto: Paleontology Groep MNCN-CSIC

Die moderne en die Neanderdalmens se ontwikkeling en anatomie is baie meer dieselfde as wat dit verskil, is Donderdagaand in die vakjoernaal Science aangekondig.

Dit blyk uit ’n studie van die 49 000 jaar oue fossiel van ’n Neanderdalkind wat in Spanje gevind is.

Dr. Antonio Rosas, voorsitter van die natuurhistoriese museum in Spanje, het in ’n aanlyn mediakonferensie, wat vroeër onder embargo gehou is, gesê die kind se ouderdom is op sewe jaar en ses maande vasgestel.

Toe na ander kenmerke van ontwikkeling gekyk is, “kon geen verskil gevind word tussen dié Neanderdalkind en ’n moderne mens nie – wat die groeipatrone betref”. Die fossiel het nog melktande asook reeds volwasse tande.

Die verskil wat egter wel daar is, is in die brein.

“Vreemd genoeg op daardie ouderdom het sy brein steeds gegroei . . . Dit sou op dié ouderdom al by moderne mense gestop het.”

Die kind is deel van ’n groep van 14 Neanderdalmense, onder wie sewe tieners, wat in die Spaanse gebied van El Sidron gewoon het.

In die navorsing wat kenners daar gedoen het, is gevind dat hierdie groep geneeskunde toegepas het. Hulle het onder meer kamilletee en plante wat aspirien bevat, gebruik, het Rosas gesê.

Dit is nie seker hoe die kind dood is nie, want daar is nie bewyse van ’n siekte nie. Die navorsers is nog besig om dit te ondersoek, maar dit kan wees dat hulle in kontak met mense was.

Meer oor:  Wetenskap  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.