Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Mosbeertjies en inkvisse saam met SpaceX die ruimte in

’n Vragruimtetuig van SpaceX het Donderdag na die Internasionale Ruimtestasie vertrek met verskeie wetenskaplike eksperimente asook voorraad en kragtige sonpanele aan boord.

Die vrag van 3 300 kg sluit in duisende klein seediere (sowat 5 000 mosbeertjies en meer as 120 klein kortstert-pylinkvisse) wat deel gaan uitmaak van verskeie eksperimente.

Daar is ook vars suurlemoene, uie, avokado’s en kersietamaties aan boord vir die stasie se sewe ruimtevaarders.

Die verwagting is dat hulle Saterdag by die ruimtestasie sal aankom.

Nasa se 22ste voorraadvlug vertrek. Foto: Nasa TV

SpaceX se Falcon-vuurpyl is Donderdag vanaf die Kennedy-ruimtesentrum in Florida gelanseer.

Die eerstevlakversterker het etlike minute ná opstyging op ’n platform in die see geland sodat dit herwin kan word vir ’n volgende vlug van Nasa-ruimtevaarders in die komende herfs van die Noordelike Halfrond.

Hulle sal dié keer sowat ’n maand by die ruimtestasie vertoef.

Die splinternuwe Dragon-vragkapsule sal ook die eerste van drie stelle hoëtegnologie-sonpanele aflewer. Dié panele is ontwerp om die ruimtestasie se verouderde kragnetwerk te steun.

Die vrag sluit ook monsters van speeksel en mondbakterieë van tandartspasiënte in. Dit sal met tandepasta en mondspoelmiddel behandel word as deel van ’n eksperiment wat daarop gemik is om die ruimtevaarders se tande en tandvleis in die ruimte gesond te hou.

As deel van die ander wetenskaplike eksperimente is daar ook 128 baba-pylinkvissies aan boord.

Die inkvis is deel van ’n studie wat die verhouding tussen voordelige bakterieë en hul dier-draers ondersoek. Daar sal ook ondersoek word hoe mosbeertjies in die ruimte-omgewing vaar.

Dit is SpaceX se 22ste vlug om voorraad vir Nasa af te lewer. Die maatskappy het in April vier ruimtevaarders by die ruimtestasie afgelaai vir ’n missie van ses maande. The Guardian, Nasa.gov, CNN

Meer oor:  Spacex  |  Ruimte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.