Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Navorsers skep ‘lewe’
Die bakterium is deur wetenskaplikes oor 'n twee jaar-proses vervaardig en bestaan uit volle sintetiese en ’n radikaal veranderde DNS-kode. Foto: Reuters

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Cambridge in Engeland het die wêreld se eerste lewe geskep met ’n volle sintetiese en ’n radikaal veranderde DNS-kode.

Die mikrobe wat in die laboratorium geskep is en wat gewoonlik in grond en in ’n mens se derms gevind word, kom ooreen met sy natuurlike nefie, maar oorleef met ’n kleiner stel genetiese instruksies.

Die bestaan van die mikrobe bewys dat lewe met ’n beperkte genetiese kode kan bestaan. Dit baan die weg voor vir organismes waarvan die biologiese werking gebruik kan word om medisyne of bruikbare materiaal te skep, of om eienskappe soos ’n weerstand teen ’n virus, toe te voeg.

Die nuwe sintetiese organisme word Escherichia coli Syn61 genoem.

Die navorsingspan het die “lewe” geskep net voor Kersfees en het ’n foto geneem van ’n bord met die mikrobes as die sentrale figuur in ’n voorstelling van Jesus se geboortetoneel.

Meer oor:  Universiteit Van Cambridge  |  Mikrobe  |  Wetenskap  |  Navorsing  |  Sinteties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.