Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Nuwe alzheimer-middel goedgekeur

’n Nuwe middel teen alzheimersiekte is Maandag deur Amerika se kos-en-medisyne-owerheid (FDA) goedgekeur.

Die middel Aduhelm van Biogen is die eerste nuwe een wat sedert 2003 vir die behandeling van die siekte goedgekeur is. Dit is ook die eerste middel wat daarop gemik is om die tydsverloop stadiger te maak.

Vir wie is dit?

Die FDA spesifiseer nie wie die middel mag gebruik nie. Dit is getoets in mense wat vroeë tekens van alzheimersiekte toon en voordat die siekte so gevorder het dat mense nie meer vir hulself kan sorg nie.

Die middel is egter nie getoets in mense wat reeds matige demensie het nie.

Wat doen dit?

Die middel het ten doel om die siekte se tydsverloop te vertraag sodat pasiënte so lank as moontlik vir hulself kan sorg.

Is daar newe-effekte?

In die proewe het sommige van die pasiënte, wat die hoogste moontlike dosis ontvang het, swelling op die brein gehad. Dié pasiënte moes gemonitor word.

Van die pasiënte het ook hoofpyne aangemeld.

Hoeveel sal dit kos?

Biogen sê dit sal $56 000 kos om die middel grootskaals per jaar te vervaardig. – Reuters

Meer oor:  Fda  |  Alzheimersiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.