Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Nuwe ontdekking ‘op grens tussen planeet, bruin dwerg’

’n Vreemde planeet, of moontlik ’n bruin dwerg, met sowat 12 keer die massa van Jupiter, en waarvan die magneetveld 200 keer sterker is, is ontdek.

Dit is 20 ligjaar van die aarde af en word in die Astrophysical Journal beskryf. Dit is met die Very Large Array-radioteleskoop, wat in Nieu-Mexiko is, ontdek.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die planeet, of bruin dwerg. Dit is 20 ligjaar van die aarde af en het 12,7 keer die massa van Jupiter en sy magneetveld is 200 keer sterker. Voorstelling: Caltech/Chuck Carter; NRAO/AUI/NSF

Luidens die studie beweeg dié voorwerp met planetêre massa, wat op die grens lê van die beskrywing van ’n planeet en ’n bruin dwerg (’n soort ster), alleen. Planete het gewoonlik ’n ster waarom hulle wentel.

’n Bruin dwerg het nie genoeg massa om kernfusie van waterstof te onderhou nie, maar hulle is te groot om planete te wees. Sommige het sterk aurora’s.

Die aurora’s wat op aarde gesien kan word, word veroorsaak deur die aarde se magneetveld wat met die sonwind reageer. Maar dié van ’n bruin dwerg wat nie ’n ster naby hom het nie, is nog onverklaarbaar. Dit is moontlik dat daar ’n maan naby is en dat dit reageer met die baie sterk magneetveld, soos gebeur tussen Jupiter en sy maan Io.

Die planeet of bruin dwerg is 200 miljoen jaar oud en die oppervlaktemperatuur is 825 °C.

Die sterk magneetveld dui daarop dat planete en ander voorwerpe buite die sonnestelsel heeltemal anders is as dié daarbinne.

Meer oor:  Ruimte  |  Wetenskap  |  Ontdekking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.