Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Oerhaaispesie kry uiteindelik ’n wetenskaplike naam

’n Haaispesie wat 300 miljoen jaar gelede geleef het, het uiteindelik ’n naam gekry.

John-Paul Hodnett, paleontoloog, het die tande van een van die haaie van dié spesie reeds in 2013 in Albuquerque in die VSA opgegrawe, maar tot nou was die vis amptelik naamloos.

Die ry spiesagtige tande is sowat 2 cm lank – aansienlik korter as dié van hedendaagse haaispesies.

“Die tande sal werk om prooi te gryp en te vermorsel eerder as om hulle te deurboor,” sê Hodnett.

So lyk dDie tande van die Dracopristis hoffmanorum, ’n haaispesie wat 300 miljoen jaar gelede geleef het. Foto: AP

Aanvanklik het hulle na die haai as die “Godzilla-haai” verwys omdat die ry tande baie na dié van die drake uit sprokies lyk. Boonop het die haai ook skerp vinne op die rug gehad wat die Godzilla-bynaam gewilder gemaak het.

Hodnett en sy medenavorsers se bevindings is verlede week in die New Mexico Museum of Natural History & Science se tydskrif gepubliseer. Sewe jaar en vele ure van studie het uiteindelik tot ’n amptelike wetenskaplike naam vir die 2 m lange haaispesie gelei: Dracopristis hoffmanorum, of kortweg Hoff­man­’s Dragon Shark.

Die naam is gekies omdat die haaitande opgegrawe is op grond wat aan die Hoffman-familie behoort.

Die opgrawing van Dracopristis hoffmanorum het gelei tot die volledigste fossiel van die spesifieke evolusionêre tak, ctenacanth. Ctenacanth dui op die verdeling van haaispesies en rôe (in Engels rays) sowat 390 miljoen jaar gelede. – AP

Meer oor:  Naam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.