Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Ontdekking laat Jupiter se mane tot 79 styg

Nóg 12 mane van Jupiter is ontdek, waarvan een redelik eienaardig is.

’n Foto van ’n storm op die noordelike pool van Jupiter wat deur die Juno-tuig afgeneem is. Foto: ASA/JPL-Caltech/SwRI/MSSS/Matt Brealey/BC Gustavo

Met die jongste ontdekking het Jupiter nou 79 mane, die meeste in die sonnestelsel.

Volgens die Carnegie-instituut vir Wetenskap, wie se kenners ’n jaar lank na data gekyk het, is nege van die nuwe mane in die heel buitenste wentelbaan. Dit beweeg in die teenoorgestelde rigting as Jupiter se rotasie.

Dit is vermoedelik die oorskot van groter liggame wat in botsings met komete, asteroïede of ander mane opgebreek het. Die nuwe mane neem sowat twee jaar om ’n wentelbaan te voltooi.

Twee van die ander mane is effens nader, en beweeg in dieselfde rigting as Jupiter se rotasie. Hierdie mane neem sowat ’n jaar om ’n wentelbaan te voltooi.

Die ander, eienaardige, maan is verder en het ’n wentelbaan soos nie een van die ander mane nie. Dit is ook die kleinste maan wat net ’n kilometer in deursnee is.

Dié wentelbaan kruis dié van sommige ander mane en dit kan dalk bots. Indien dit gebeur, sal die maan in stukke breek.

Die maan is Valetudo gedoop, na Jupiter se agterkleindogter, die godin van gesondheid.

Meer oor:  Ruimte  |  Jupiter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.