Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Oudste meteoriet kom uit sonnestelsel se begin

Die oudste meteoriet wat nog ooit op die aarde gevind is, word beskryf as “baie, baie anders” as enige van die 40 000 meteoriete wat hier gevind is.

Dié meteoriet is 4,545 miljard jaar oud en kom uit die vroegste tye toe die sonnestelsel gevorm het.

Die meteoriet is in 2016 in Mauritanië gevind deur ’n meteoriethandelaar, wat dit by ’n nomade gekry het, en dit toe aan prof. Carl Agee aan die Universiteit van Nieu-Mexiko gestuur het. Volgens dié universiteit is dit onbekend wanneer dit op die aarde geval het, dit kan weke of derduisende jare gelede wees.

Die werk is in die vaktydskrif Nature Communications gepubliseer. Die meteoriet is deur ’n stollingsproses gevorm uit die heel eerste vulkaniese aktiwiteit in die sonnestelsel.

Die oudste meteoriet wat nog ooit gevind is, dit is 4,565 miljard jaar oud, ouer as die sonnestelsel. Dit is heeltemal anders as enige ander een wat nog op aarde gevind is. Foto: B.Barrett/Maine Mineral and Gem Museum/Nature Communications

Dit is moontlik dat die meteoriet die oorskot is van ’n proto-planeet wat lankal nie meer bestaan nie.

Dit staan bekend as ’n achondriet en dit gee ’n rekord van die eerste vulkane wat ’n kors sou vorm van ’n rotsagtige liggaam. Hoewel die een se kleur ligter is.

Die ligte kleur van die meteoriet wat vol groen kristalle is dui daarop dat daar baie silika in is, terwyl ander meteoriete wat swart is, baie basalt in het.

Volgens die studie was meteoriete soos die betrokke een die voorlopers van die formasie van planete in die sonnestelsel, en is dit ’n kritieke stap in hoe rotsagtige planete gevorm het.

Sowat 30% van die meteoriet bestaan uit tridimiet (groot silika kristalle). Die samestelling is oor die algemeen baie dieselfde as die materiaal wat die aarde se kors vorm. Terwyl die suurstof-isotope aandui – dit kom uit die ruimte.

Agee sê in ’n verklaring wanneer daar vandag na die sonnestelsel gekyk word sien ’n mens planete, komete en asteroïdes wat reeds gevorm het. Maar ’n mens se nuuskierigheid lei ’n mens altyd terug na hoe dit gevorm het. “Hierdie is ’n deel van die skakel wat ons vertel hoe die proses was.”

Die presiese ouderdom van 4,565 miljard jaar is vasgestel met plasma-massa-spektrometrie.

Die sonnestelsel het gevorm 4,6 miljard jaar gelede toe gaswolke en stof ineengestort het onder gravitasie, weens ’n kataklismiese ontploffing van ’n nabye supernova. Soos die wolk ineengestort het, het dit ’n roterende skyf gevorm met die son in die middel. Stukkies rots het kleiner planete gevorm sowat 10 miljoen jaar voor die groter planete gevorm het.

Die meteoriet is een van die eerste stukkies materiaal van die sonnestelsel.

Meer oor:  Ruimte  |  Wetenskap  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.