Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Parker-tuig is op pad na die son

Die Parker Solar Probe sal die vinnigste mensgemaakte voorwerp nóg in die ruimte wees wanneer dié robottuig teen 692 018 km/h om die son begin wentel.

Die tuig is Sondag gelanseer en in November sal sy eerste vlug verby die son plaasvind.

Nasa het in ’n verklaring gesê dit is die heel eerste sending wat genoem is na iemand wat nog lewe.

Dr. Eugene Parker, ’n kundige oor die son, was die een wat dekades gelede voorspel het dat ’n supersoniese sonwind bestaan.

Dit sal tot in 2024 neem vir die robottuig om al hoe nader aan die son te kom, tot die heel naaste nog op 6,2 miljoen km.

Die sending sal tot aansienlike nuwe kennis bydra oor die son se korona, die warm sonatmosfeer, wat warmer as die oppervlak van die son self is.

Die tuig sal naby genoeg kom om die hitte en straling van die sonwind te ervaar, asook die energieke deeltjies wat van die son afkomstig is.

Die Parker Solar Probe word beskerm deur ’n sonskerm wat van koolstof gemaak is.

Volgens die mediapakket oor die Parker Solar Probe het die tuig ’n hitteskerm en outomatiese stelsel wat dit beskerm. Die geheim lê in die verskil tussen hitte en

temperatuur, want ’n hoë temperatuur beteken nie altyd die verhitting van ’n ander voorwerp in die ruimte nie.

Temperatuur meet hoe vinnig deeltjies beweeg, terwyl hitte die totale hoeveelheid energie meet wat oorgedra word. Deeltjies kan dalk baie vinnig beweeg (hoë temperatuur), maar indien daar min van hulle is, sal hulle nie baie energie oordra nie (lae hitte). Omdat die ruimte baie leeg is, is daar min deeltjies wat energie aan ’n tuig kan oordra.

Die korona het ’n baie hoë temperatuur (miljoene grade Celsius) maar ’n baie lae digtheid. Dit is soos die verskil om jou hand in ’n oond (sonder om aan die element te raak) of in kokende water te druk. Die water sal jou hand meer brand want dit is digter as die oond.

Die tuig sal deur die korona beweeg, maar die oppervlak van die hitteskerm sal net tot sowat 1 400°C verhit word.

Dit is steeds baie warm, maar dit sal nie smelt nie.

Die hele tuig sal by 30 °C gehou word, deur onder meer wit keramiekverf wat sonlig reflekteer.

Meer oor:  Nasa  |  Ruimtevaart  |  Wetenskap  |  Parker Solar Probe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.