Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
‘Planeet’ verdwyn uit hemelruim

Ruimtewetenskaplikes krap kop oor ’n moontlike planeet buite ons sonnestelsel (eksoplaneet) wat skynbaar soos mis voor die son verdwyn het.

Nasa het Maandag in ’n verklaring op sy webtuiste gesê sterrekundiges is op soek na ’n aanvaarbare verduideliking vir Fomalhaut b se verdwyning.

Luidens die verklaring is die een moontlikheid dat dit nooit ’n eksoplaneet was nie, maar eerder ’n reuse-stofwolk wat ontstaan het nadat twee liggame, wat om die nabygeleë ster Fomalhaut wentel, gebots het. Nasa sê dit kan dalk deur opvolgwaarnemings bevestig word.

András Gáspár van die Universiteit van Arizona in Tucson sê in die verklaring hierdie soort botsings is uiters skaars.

Die prentjie links wys die Fomalhaut-ster. Regs wys die verdwyning van Formalhaut b, die voorwerp wat sterrekundiges aanvanklik gedink het ’n eksoplaneet is. Foto: Nasa

“Ons was dus op die regte tyd op die regte plek om so ’n skaars verskynsel met die Hubble-teleskoop te kon waarneem,” sê Gáspár.

Fomalhaut b is die eerste keer in 2008 bekend gemaak gegrond op data wat in 2004, toe dit die eerste keer waargeneem is, en 2006 versamel is. Dit was verskeie jare duidelik sigbaar in waarnemings deur die teleskoop.

Daar was egter vroeg reeds verskeie vrae oor Fomalhaut b.

“Die voorwerp was buitengewoon helder, maar het geen sigbare infrarooi hitte uitgestraal nie. Sterrekundiges het gedink dat dit so helder was omdat daar ’n ring of dop om was nadat dit met iets gebots het. Die wentelbaan was ook ongewoon,” lui die verklaring.

“Volgens ons studie, waarin alle beskikbare argiefinligting ontleed is, het Fomalhaut b verskeie kenmerke getoon wat daarop dui dat die planeetgrootte voorwerp dalk nooit bestaan het nie,” sê Gáspár.

Meer oor:  Ruimte  |  Wetenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.