SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Wetenskap
Ruimtevaarders buite gevaar ná gat in kapsule

Ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie is buite gevaar nadat hulle gou moes spring om ’n gaatjie te herstel in ’n kapsule wat deur ’n stuk ruimterommel veroorsaak is.

Die BBC berig dié stuk rots moet teen ’n hoë spoed deur die ruimte gevlieg het om skade te veroorsaak aan die kapsule, waarmee nuwe bemanningslede van die Russiese ruimtetuig Sojoes na die Internasionale Ruimtestasie vervoer is.

Ruimtevaarders op die Internasionale Ruimtestasie is buite gevaar nadat hulle gou moes spring om ’n gaatjie in ’n kapsule te herstel wat deur ’n stuk ruimterommel veroorsaak is. Foto: NASA

Die ruimtebeheersentrums in onderskeidelik Texas en Moskou het Vrydag bevestig die ses bemanningslede aan boord van die ruimtestasie is buite gevaar.

Volgens News.com.au het die ruimtevaarders geslaap toe die beheersentrums besef dat die lugdruk op die ruimtestasie intussen verander het. Toe die bemanningslede wakker word, moes hulle gou spring om die gaatjie van sowat 2 mm op te spoor en te herstel.

“Ons het gister ’n gaatjie in die Sojoes opgespoor en reggemaak, wat net weer bewys het hoe waardevol ons opleiding in noodsituasies is,” het Alexander Gerst, een van die ruimtevaarders, getwiet.

Gerst en sy mede-ruimtevaarders Serena Auñón-Chancellor en Sergei Prokopjef sal die einste Sojoes aan die einde van die jaar gebruik om terug te keer. Die kapsule-deel word afgegooi wanneer die bemanning die aarde se atmosfeer binnedring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.