Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
SA span op geskiedkundige ekspedisie om Antarktika
Suid-Afrika se vyf wetenskaplikes wat deel is van die geskiedkundige Antarctic Circumnavigation Expedition wat om Antarktika gaan vaar op ’n reis van drie maande. Die Suid-Afrikaanse span is deel van twee van die drie dele van die reis. Van links is dr. Issufo Halo (Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie), dr. Stephanie de Villiers (Nelson Mandela-Universiteit), dr. Sarah Fawcett (studieleier; Universiteit van Kaapstad), dr. Tommy Bornman (die Suid-Afrikaanse Omgewingsobservasienetwerk, SAEON, en Nelson Mandela-Universiteit) en prof. Rosemary Dorrington (Rhodes-universiteit).

’n Wetenskaplike ekspedisie vertrek eersdaags op die eerste reis wat om Antarktika sal vaar en ’n span Suid-Afrikaanse navorsers staan gereed om saam te gaan.

Die sending van die Antarctic Circumnavigation Expedition (ACE), gelei deur die Switserse Poolinstituut, vertrek op 20 Desember vanaf Kaapstad en keer op 28 Maart 2017 terug. Die reis bestaan uit drie dele aan boord van die Russiese skip Akademik Tryoshnikov.

Dr. Sarah Fawcett, wat verbonde is aan die departement oseanografie aan die Universiteit van Kaapstad, is Suid-Afrika se studieleier. Die land is een van 30 wat op die skip verteenwoordig word.

Daar sal baie onsekerhede wees weens die weer, maar ek is opgewonde.

Die eerste deel van die reis is van Kaapstad na Hobart (Tasmanië), die tweede deel van Hobart na Punta Arenas (Chili) en vandaar terug na Kaapstad.

Wetenskaplikes en studente van Suid-Afrika sal die reis op die eerste en die derde deel meemaak. Nie almal wat deel is van die span sal op die skip wees nie, maar van hulle sal agter die skerms werk aan die monsters wat ingesamel en ontleed word. Navorsing sal nog twee tot drie jaar lank duur.

Fawcett sê sy sal die reis op die derde deel meemaak. Sy is gewoond aan lang seereise. “Daar sal baie onsekerhede wees weens die weer, maar ek is opgewonde. Dit is ’n geskiedkundige reis om die aarde se mees misterieuse vasteland met 22 projekte van spanne van oor die wêreld heen.” Die reis word gefinansier deur Frederik Paulsen, ’n filantroop.

Fawcett en haar span moes aansoek doen om saam te gaan en is streng beoordeel. Hul navorsing fokus op hoe die Suidelike Oseaan reageer op klimaatsverandering. ’n Groot deel hiervan is oor fitoplankton, mikroskopiese klein eensellige plante wat verantwoordelik is vir sowat 50% van fotosintese op aarde. Hulle het voedingstowwe nodig om te groei. Hulle is voedsel vir ander organismes en dié weer vir ander visse en diere wat in die koue waters leef. Fitoplankton verwyder ook koolstofdioksied uit die atmosfeer.

Deur die oseaan en die verskeie eilande te bestudeer, wil Fawcett se span bepaal “Wat is daar alles? Wat doen hulle? Wat is die implikasies vir koolstofdioksied-opname in die atmosfeer, vandag en in ’n wêreld wat al hoe warmer word?”

Sy sê dié vrae is ook belangrik vir Suid-Afrika se oseaan-ekonomie omdat die Antarktiese waters belangrike visserye ondersteun. Die voedingstowwe wat in die water is, bepaal uiteindelik hoeveel kos daar in die see is.

Meer as 3,5 miljard mense steun op die see vir hul primêre voedselbron.

Die Suid-Afrikaanse span word gelei deur Fawcett en die res van die navorsers is: dr. Issufo Halo, Stephanie de Villiers, dr. Tommy Bornman en prof. Rosemary Dorrington, asook ’n span nagraadse studente.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.