Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Seun se skoolprojek ‘skep’ water deur kondensasie

Hy is net 13 jaar oud, maar beraam reeds planne oor hoe om water deur middel van kondensasie te genereer en krag te bespaar.

Divan Joubert (13), ’n gr. 7-leerling aan die Fichardtpark Primêre Skool in Bloemfontein, het vroeër vandeesmaand met sy projek oor hoe om water deur middel van kondensasie te genereer, ’n tweede plek in die nasionale ekspo vir jong wetenskaplikes verower.

Dít nadat hy eerste in die streek-ekspo in Bloemfontein geëindig het.

Hy sê ofskoon sy projek slegs 15 ml water gegenereer het, kan dít in volmaakte omstandighede, as al die veranderlikes in ag geneem word, tot 16 000 l water genereer.

“Dít is vanjaar maar baie droog hier by ons in die Vrystaat.”

Én nou is die jong wetenskaplike al hard aan die dink en werk vir sy volgende projek, oor hoe om krag deur middel van ’n toestel wat onnodige kragverbruik sny, ’n werklikheid te maak.

Divan sê hoewel sy projek nog in die beginstadium is, glo hy dat hy deur middel van ’n rekenaar kragverbruik in huishoudings sal kan monitor.

“Ek gaan ook ’n sensor in die rekenaar bou wat elektrisiteitsverbruik monitor en dié toestelle afskakel wat nie in gebruik is nie.”

Hy sê nie net sal sy projek krag bespaar nie, maar hy glo ook dat dit kostedoeltreffend sal wees.

Divan sê deur sy liefde vir die wetenskap het hy al baie hoogtes bereik en ook nuwe vriende gemaak.

Hoewel hy ’n groot liefde vir die wetenskap het, wil hy graag eendag ’n narkotiseur word. Maar as die noodlot dit so wil hê, gaan dié jong wetenskaplike tog ’n loopbaan in die wetenskap volg.

Divan Joubert Foto: Mlungisis Louw
Meer oor:  Vrystaat  |  Wetenskap  |  Prys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.