Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Skanderings wys dié fossiel kon sy vlerke klap
’n Voorstelling van Archaeopteryx, ’n geveerde dinosourus wat 150 miljoen jaar gelede geleef het en wat kon vlieg. Nuwe skanderings van dié fossiele wys hy kon nie net sweef nie, maar kon sy vlerke klap om aktief te vlieg. Foto: Jana Ruzicková

Een van die grootste raaisels in die paleontologie is opgelos nadat nuwe skanderings van bestaande fossiele gewys het die dinosourus-voël Archaeopteryx, wat 150 miljoen jaar gelede gelewe het, het aktiewe vlug bemeester.

Daar is ’n verskil tussen passiewe sweef van boom tot boom en aktiewe vlieg deur die vlerke te klap. Die anatomie en die evolusie van vlieg is belangrik om te bestudeer omdat moderne voëls afstam van dinosourusse.

Dié werk is in die vakjoernaal Nature Communications gepubliseer nadat die fossiele van die Archaeopteryx geskandeer is by die Europese Sinchrotron in Frankryk. Dié skandeerder kan binne-in ’n fossiel sien sonder om dit te beskadig. Die been-argitektuur en die metode van vlug is vergelyk met moderne voëls en ander geveerde dinosourusse.

Die eerste Archaeopteryx-fossiel is reeds in 1861 ontdek. Die ontdekking van dié spesie het later gelei tot die ontdekking dat dinosourusse en hedendaagse voëls aan mekaar verwant is. Archaeopteryx was so groot soos ’n raaf.

Dit is van die kosbaarste fossiele ter wêreld, maar baie van die interne strukture kon tot nou nie gesien word nie.

Die mikroskopiese skandering wat nou gedoen is, skep presiese driedimensionele beelde.

Een van 14 bestaande fossiele van die dinosourusvoël die Archaeopteryx. Dit het ’n gedeeltelik bewaarde skedel (links, bo), albei vlerke, die ribbes, bekken, albei pote en die stert. Nuwe skanderings van al die bestaande fossiele wys dié dinosourus kon aktiewe vlug bemeester. Foto: ESRF/Pascal Goetgheluck
Hoewel Archaeopteryx nie dieselfde skouer-kenmerke gehad het as dié wat moderne voëls help vlieg nie, lyk hul vlerke soos dié van moderne voëls, is bevind.

Die data wys verder dat die beenstruktuur van die Archaeopteryx die naaste is aan dié van voëls soos fisante wat af en toe vlieg, maar nie soos dié van roofvoëls of sommige soorte seevoëls waarvan die beenstruktuur geoptimaliseer is om lank in die lug te bly nie.

Volgens die navorsing sou Archaeopteryx aktief kon vlieg, maar op ’n ander wyse was moderne voëls. Hoe presies, moet nog bestudeer word.

Meer oor:  Fossiel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.