Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Skedel van vroeë menslike voorvader ontdek

’n Skedel van ’n vroeë menslike voorvader wat meer as 3,8 miljoen gelede geleef het, is in Ethiopië ontdek.

Dié aapagtige fossiel, gedoop MRD, wat deel is van die Australopithecus anamensis, gee insig tot ’n belangrike tydperk in die ontwikkeling van afstammelinge wat tot die hedendaagse mens gelei het.

Die fossiel is in 2016 in die Afar-streek gevind. Die bekende gedeeltelike skedel, Lucy, is in 1974 ontdek sowat 56 km van waar MRD gekry is.

Yohannes Haile-Selassie, ’n paleo-antropoloog, sê dit is ’n een-keer-in-’n-leeftyd ontdekking.

“Ons praat hier van die volledigste skedel van ’n vroeë menslike voorvader wat nog in die fossiele-rekordboek, wat ouer as 3 miljoen jaar is, ontdek is.”

’n Fossiel van Lucy se voorvader van 3,8 miljoen jaar oud wat nou in die Nasionale Museum in Addis Abeba, Ethiopië te sien is. Foto: Reuters

Die enigste skedel-oorblyfsels wat voorheen gevind is, is geïsoleerde kakebeen-fragmente en tande.

Met die skedel kan mense meer leer oor ’n spesie se dieet, grootte van die brein en gelaatstreke.

Stephanie Melillo, ’n paleo-antropoloog, meen die ontdekking laat navorsers toe om ’n “gesig by ’n naam te sit”.

“Die anatomiese eienskappe van die skedel help ons om die spesie te klassifiseer.”

Die MRD-spesie, ’n tweevoetige dier wat in bome kon klim, was baie kleiner as die mens.

Die skedel, wat sowat 550 km noordoos van Addis Abeba, die hoofstad, gevind is, het ’n omtrek van sowat 20 cm van voor tot agter en is 11,5 cm wyd.

Vorige navorsing toon dié spesie was sowat 1,5 m lank, maar navorsers kon nie presies aandui hoe lank dié spesifieke individu, na bewering ’n jong man, is nie. – Reuter

Meer oor:  Ethiopië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.