Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
KYK: So lyk ’n láng maansverduistering

Miljoene mense oor die hele wêreld heen kon Vrydagaand met bewondering een van die langste algehele maansverduisterings van die 21ste eeu aanskou. Hierdie spesiale gebeurtenis sal nie weer voor die jaar 2100 voorkom nie.

Sterrekundiges het uitgewerk presies hoe lank die maansverduistering sou duur: Een uur, 42 minute en 52 sekondes. Die algehele verduistering het van 21:30 tot 23:13 geduur. Hiermee ’n paar foto’s van oor die wêreld heem.

Die volmaan agter die silhoeët van ’n fietsryer wat ’n selfie neem in Van, Turkye. Foto: GETTY IMAGES
Die maan kom op oor die kruis van ’n Christen-Ortodokse kerk in Ergates, naby Nicosia in Siprus.Foto: AP
Die volmaan is bloedrooi tydens die maansverduistering agter die Petronas-toring in Kuala Lumpur in Maleisië.Foto: AP
Die volmaan kom op agter die antieke tempel van Poseidon in Cape Sounio, sowat 65 km suid van Athene, Griekeland.Foto: AP
Die maansverduistering skyn agter die Nelson Mandela-standbeeld voor die Uniegebou in Pretoria. Foto: Deaan Vivier
Mense kom byeen in Sydney se Observatory Hill-park om na die maansverduistering te kyk. Foto: Getty Images
Die Turkse vlag in die kasteel Ankakar in Turkye wapper voor die volmaan in die vroeë stadium van die maansverduistering.Foto: Getty Images
Maangeesdriftiges word gehelp om ’n teleskoop in te stel by die Al Sadeem-sterrewag in Al Wathba naby Abu Dhabi om ’n foto van die maansverduistering te neem. Foto: Reuters

Meer oor:  Ruimte  |  Maan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.