Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Soeke na Kaap se ‘stigterskip’

Voorlopige opnames het begin om die plek te vind waar die skip gestrand het wat daartoe gelei het dat ’n permanente verversingstasie aan die Kaap gevestig is.

Dié skip was die Nieuwe Haerlem wat in 1647 naby Tafelbaai gestrand het.

’n Gravering van die skip Woestduin (1779) van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie wat aan die Kaap gesink het. Dit gee ’n mens ’n idee van hoe die Nieuwe Haerlem ook tot sy einde sou gekom het in 1647 naby Tafelbaai. Dit was dié skip se stranding wat regstreeks daartoe gelei het dat ’n permanente verversingstasie vyf jaar later aan die Kaap gevestig is. Skets: Verskaf

Die stranding het regstreeks daartoe gelei dat ’n permanente verversingstasie vyf jaar later aan die Kaap gevestig is, vertel dr. Bruno Werz, wat ook ’n boek geskryf het.

Werz is ’n maritieme argeoloog en uitvoerende hoof van die Afrika-instituut vir Marine en Onderwaternavorsing, -eksplorasie en -opleiding (Aimure).

Die Nieuwe Haerlem van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) het op 25 Maart 1647 naby Tafelbaai gestrand.

Die navorsing dui daarop dat die skip op die strand geloop het. Die navorsingspan sal dus nie hoef te duik nie – die wrak is onder die hoogwatermerk onder die sand.

’n Portret van Johan Anthoniszoon “Jan” van Riebeeck het in 1648, voor sy koms na die Kaap, aan boord van die skip die Koning van Polen die oorlewendes van die Nieuwe Haerlem ontmoet.Foto: Verskaf

Kort ná die ramp is 58 van die oorlewendes opgepik deur ander skepe wat hier aangedoen het, maar 62 het besluit om agter te bly en na die goedere om te sien wat hulle gered het. Hulle was onder leiding van Leendert Jansz, wat ook ’n dagboek van sy tyd hier gehou het.

Daar word ook na die kamp van dié 62 oorlewendes en die tydelike fort wat hulle gebou het, gesoek.

In Werz se boek The Haarlem Shipwreck (Unisa Press) kan ’n mens die oorspronklike VOC-manuskripte – met vertalings – sien en lees. Onder meer die oorlewendes se monsterrol, die briewe wat saam met ’n Engelse skip, die Sun, gestuur is asook die dagboek van Jansz.

Werz is hoopvol dat hulle die kamp en fort sal vind, sê hy, hulle maak staat op borge en skenkings om na dié geskiedenis te soek.

Meer oor:  Kaapstad  |  Geskiedenis  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.