Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
‘Star Wars’ inspireer navorsers tot kunsvel wat kan voel

Navorsers van Singapoer het ’n “elektroniese vel” ontwikkel wat in staat is om ’n gevoel van aanraking na te boots.

Dié ontwikkeling sal mense met prostetiese ledemate in staat stel om voorwerpe te gewaar, tekstuur en selfs temperatuur en pyn te voel.

Die toestel, genaamd ACES (Asynchronous Coded Electronic Skin), bevat 100 klein sensors en is sowat 1 cm2 groot. Die navorsers by die Nasionale Universiteit van Singapoer sê dit kan inligting vinniger as die menslike senuweestelsel verwerk en 20 tot 30 verskillende teksture herken, asook braille-letters met ’n akkuraatheid van 90% lees.

“Mense moet oor iets vryf om tekstuur te voel, maar in dié geval kan die vel net met ’n enkele aanraking verskeie teksture of verskille in grofheid optel,” het die navorsingsleier, Benjamin Tee, gesê.

Tee het gesê die konsep is geïnspireer deur ’n toneel in die rolprenttrilogie Star Wars waarin die karakter Luke Skywalker sy regterhand verloor en dit vervang is met ’n robothand wat blykbaar in staat was om weer die sensasie van aanraking te voel. – Reuters

Meer oor:  Prostese  |  Star Wars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.