Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Studie fokus op abnormaliteite in Karoo-spinnekoppe se oë

Veranderings in die oë van valluikspinnekoppe wat in die Karoo bestudeer is, hou dalk verband met die gebruik van gifstowwe.

Shannon Mitchell, ’n dierkundestudent aan die Universiteit van Pretoria (UP), sê die studie fokus op abnormaliteite in die fisiologie van spinnekoppe wat met die omgewing waarin hulle voorkom, verband hou.

Mitchell is deel van die Karoo BioGaps-projek wat die biodiversiteit van sekere dele in dié streek bestudeer.

Die studie is in ’n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) bekend gemaak.

Verskeie oorsake vir die fisiologiese veranderings word in die studie oorweeg, insluitende genetiese oorsake, beserings, ontwikkelingsprobleme en die gebruik van gifstowwe.

’n Voorbeeld van ’n valluikspinnekop. Foto: Foundation Biodiversity Information Programme/Webblad

Mitchell sê hoewel heelwat studies nog gedoen moet word, dien die verandering wat by die spinnekoppe opgemerk is as waarskuwing teen die gebruik van gifstowwe en waterbesoedeling deur die grootskaalse ontginning van skaliegas.

Mitchell doen as deel van haar doktorale studie ’n steekproefneming om die verskillende spesies van die genus Stasimopus met mekaar te vergelyk deur die kenmerke van hul oë te bestudeer. Sy het foto’s van die spinnekoppe geneem en die patrone van hul oë digitaal aangeteken.

Sy het ook verskeie versamelings in museums bestudeer, maar dit is ’n groot taak omdat van dié spinnekoppe nie altyd korrek geïdentifiseer is nie. Sy het begin deur 500 voorbeelde van spinnekoppe in museums van naderby te ondersoek en uiteindelik 212 spinnekoppe deeglik bestudeer.

In die proses het sy besef dat van die kenmerke van die spinnekoppe se oë afwyk van die norm en dat dit gereeld voorkom.

Mitchell se PhD-studie word onder die toesig van Robin Lyle, die Karoo BioGap-projek se groepleier vir spinnekop-taksonomie, en prof. Catherine Sole van die UP gedoen.

• Die Karoo BioGap-projek word deur Sanbi gelei en deur die Foundational Biodiversity Information Programme van die departement van wetenskap en innovasie gefinansier.

Meer oor: 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.