Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Uitgestorwe grotbere se DNS nog deel van bruinbere

Die DNS van die uitgestorwe grotbeer van 25 000 jaar gelede leef vandag steeds in die bruinbeer voort.

Dié navorsingsuitslae is in die vaktydskrif Nature Ecology & Evolution bekend gemaak.

’n Bruinbeer soos dié het vandag steeds die gene van die uitgestorwe grotbere.Foto: Lajos Berde

Dit is die eerste keer dat bewyse gevind is dat die DNS van ’n dierspesie wat in die Ystydperk uitgesterf het, vandag steeds in ’n ander spesie voortleef.

Die genetika van vier grotbere, wat tussen 71 000 en 34 000 jaar gelede geleef het, is ontrafel en vergelyk met dié van lewende bruinbere. Daar is ook gekyk na die genetika van swartbere, pandas en ysbere.

Dit is bekend dat ysbere en bruinbere wel in die verlede gepaar het.

In die studie is gevind dat bruinbere wat vandag leef, het tussen 0,9% en 2,4% van die grotbere se DNS. Daar is ook gevind dat die grotbere klein stukkies DNS van bruinbere gehad het. Hulle moes in ’n stadium gepaar het.

Luidens die studie was toenemend meer kontak met mense een van die redes waarom bruinbere – soos baie van die ander groter fauna – uitgesterf het.

Die spesie het dalk uitgesterf, “maar op ’n manier leef dit tienduisende jare voort nadat dit uit die fossielregister verdwyn het”, lui die studie.

Grotbere het dikwels tydens hibernasie doodgegaan wat honderde bene in grotte agtergelaat het. Foto: Andrei Posmo?anu
Meer oor:  Nature Ecology & Evolution  |  Uitgestorwe  |  Wetenskap  |  Dns  |  Bruinbere  |  Grotbere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.