Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Unieke radiogolwe in ruimte gevind
’n Uitbeelding van die Green Bank-teleskoop in Amerika wat ’n baie vinnige radiosein, drie miljard ligjaar weg, gehoor het. Voorstelling: Danielle Futselaar

Unieke blitsige radiogolwe uit die ruimte drie miljard ligjaar weg – die eerste bekende sein wat homself herhaal – is gevind.

Resultate van werk wat deur ’n internasionale span sterrekundiges gedoen is, is pas bekend gemaak in die vakjoernaal Nature. Die sein, bekend as ’n vinnige radio-uitbarsting (FRB 121102) beweeg deur ’n sluier van gemagnetiseerde plasma.

Dit veroorsaak kosmiese sarsies, beskryf as ’n “roep en wring”, wat sal help om die bron daarvan op te spoor.

Volgens die navorsing verteenwoordig die “roep” die sarsies waarin die supervinnige en kort seine gestuur word. Die “wring” is ’n fisiese verskynsel genaamd ’n Faraday-rotasie. Dit beskryf die manier waarop gepolariseerde lig deur ’n magneetveld beweeg. Wanneer die radiogolwe deur die gemagnetiseerde plasma beweeg, word die rigting van polarisasie verwring.

In die betrokke geval is die verwringing tot ’n ekstreem – 500 keer meer as enige ander vinnige radio-uitbarsting wat nog waargeneem is. Volgens die studie kan die bron dalk ’n reuse-gravitasiekolk wees, of ’n neutronster binne-in die newel van ’n supernova.

Daar is al 200 uitbarstings van die betrokke bron waargeneem.

Die flits van só ’n uitbarsting is net ’n mikrosekonde lank, maar die bron wat dit uitstuur, het soveel energie dat dit gelyk is aan die aarde se son se energieproduksie van ’n dag. Indien dit ’n gravitasiekolk is, is dit 100 miljoen groter as die son.

Daar is al 200 uitbarstings van die betrokke bron waargeneem. En dit is sover bekend die enigste een wat homself herhaal het.

Volgens prof. James Cordes van die Cornell-universiteit, ’n lid van die span wat dit opgespoor het, is dit baie eksoties. Indien so radiobron aan die anderkant van die Melkweg bestaan het, sou dit radioseine op die aarde versteur het.

Prof. Victoria Kaspi, een van die navorsers, het in ’n verklaring gesê dit is een van die ekstreemste verskynsels die afgelope jare.

Meer oor:  Ruimte  |  Wetenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.