Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Verlore Apollo-inligting wys dis bietjie warmer

’n Raaisel oor hoekom areas op die maan effe warmer geraak het, is opgelos nadat verlore Apollo-data herwin is.

Tydens die Apollo 15- en 17-sendings – onderskeidelik in 1971 en 1972 - het die ruimtevaarders toetspenne in die maan geïnstalleer om die temperatuur onder die oppervlak te meet. Dié data is na die aarde gestuur en op magneetbande opgeneem.

Jim Irwin, ruimtevaarder, by die Apollo 15-maanlandingstuig en die eerste voertuig wat ooit op die maan gery het, soos afgeneem deur David R, wat saam met hom op die maan was. Foto: Nasa

Volgens Nasa se argief, is temperatuurverskille in 1974 toe oplet, in die omgewing van die penne. ’n Baie klein styging.

Navorsing wat in die vaktydskrif Journal of Geophysical Research gepubliseer is het nou die raaisel ontrafel.

Die magneetbande se data is nooit behoorlik by Nasa gestoor nie. Uiteindelik is die inskrywings daarvan wel opgespoor by die Maan en Planetêre Instituut in Houston, Texas, asook een band in die argief in Washington.

Apollo 15 het op 26 Julie 1971 na die maan gelanseer met David Scott, James Irwin en Alfred Worden. Hulle was weer op 7 Augustus terug.

Scott en Irwin was 66 uur en 55 minute op die maan, en was drie keer buite vir eksplorasie, altesaam 18 uur en 37 minute.

Hulle het 28,1 km ver gery op die eerste voertuig wat nog ooit op die maan bestuur is en meer as 77,1 kg se materiaal versamel.

Die laaste bemande sending na die maan was Apollo 17, met Eugene Cernan, Harrison Schmitt en Ronald Evans.

Cernan en Schmitt was 75 uur op die maan en het vier keer buitentoe gegaan vir eksplorasie en 22 uur en vier minute op die maan deurgebring. Hulle het 30,5 km ver gery in die voertuig en 110,4 kg se materiaal versamel. Die sending het op 7 Desember 1972 gelanseer en 19 Desember teruggekeer.

Volgens die navorsing is dit die aktiwiteite van dié twee sendings op die maan wat die hitte veranderinge meegebring het. Die mense wat geloop en die eerste voertuie daar bestuur het.

Dit het donkerder stof op die maan genaamd regoliet opgeskop. Donkerder kleure absorbeer meer lig en dit het die hitte verandering meegebring.

Meer oor:  Nasa  |  Maan  |  Ruimte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.