Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Verval van heelal se belangrikste deeltjie gesien

Wetenskaplikes het vir die eerste keer gesien hoe die Higgs-boson, ’n fundamentele deeltjie in die heelal, verval.

Dié aankondiging is gedoen deur die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (Cern), ses jaar nadat twee afsonderlike eksperimente van die Groot Hadron-versneller (LHC) die Higgs-boson- subatomiese deeltjie vir die eerste keer waargeneem het.

Die voorstelling van hoe die Higgs-boson, ’n deeltjie, in twee kwarke (blou), verval. Ná jare se navorsing is daar gesien hoe die subatomiese deeltjie in nog twee kleiner deeltjies verval. Dit word as een van die grootse deurbrake in fisika beskou nadat dit by die Groot Hadron-versneller gesien is. Foto: ATLAS Collaboration/CERN

Die Higgs-boson bestaan net vir ’n miljoenste van ’n miljardste van ’n miljardste sekonde. Tog is die bestaan van die deeltjie kritiek belangrik om te verklaar hoekom

alles in die heelal – van mense tot blomme en klippe – oor massa beskik.

In die jongste eksperiment is gesien hoe die Higgs-boson, ’n subatomiese deeltjie, verval in wat genoem word ’n onderste kwark, en sy antimaterie-ekwivalent. Sowat 60% van die Higgs-boson verval in die twee kwarke, wat nóg kleiner is.

Prof. François Englert van België en prof. Peter Higgs van Brittanje het meer as 50 jaar gelede bereken dat dié subatomiese deeltjie wat teoreties massa aan alle ander

deeltjies en dus materie gee, moet bestaan. Cern het die deeltjies in 2012 opgespoor en het die eksperimente in 2015 en 2016 herhaal.

Die deeltjies word deur kragte beheer. Die subatomiese Higgs-deeltjie is afkomstig van ’n onsigbare veld (Higgs-veld) – selfs al lyk dit leeg in die heelal.

Dit is wanneer deeltjies kontak maak met dié veld dat hulle massa kry. En sonder massa kan niks bestaan nie.

Wat wetenskaplikes steeds ontwyk, is die aard van donker materie – wat 80% van die heelal beslaan – hoewel dit “waargeneem” kan word deur die invloed van swaartekrag.

Suid-Afrikaanse navorsers aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) is betrokke by Cern se Atlas-eksperiment.

Dr. Simon Connell aan die UJ sê 3 000 wetenskaplikes van oor die wêreld heen is betrokke by Atlas. Hulle soek nuwe deeltjies, verwerk data, en doen rekenaarsimulasies. Hulle ontwikkel ook dele van die versneller en rekenaarstelsels en dit word elke dag van die jaar 24 uur per dag gedoen.

Om die data virtueel voor te stel maak dit baie meer buigbaar. Hulle soek onder meer ook na donker materie wat vyf keer meer volop is as gewone materie en oral in die heelal is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.