Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Wêreld se kleinste vlieg na Arnie genoem
Arnold Schwarzenegger en die nuwe vliegspesie wat na hom vernoem is. Foto: Wiki/Tyler Hayden

n Nuwe vliegspesie is na Arnold Schwarzenegger gernoem – nie danksy sy ervaring as politikus nie, maar sy liggaamsbou.

Dr. Brian Brown wat die nuwe spesie beskryf het in die vakjoernaal Biodiversity Data Journal, sê in ’n verklaring dié vlieg van die Amasone in Brasilië het hom dadelik aan “Arnie” laat dink.

“Die oomblik toe ek die bultende pote sien, het ek geweet ek moet dié een na Arnold noem,” sê hy.

Die spesie heet Megapropodiphora arnoldi.

Hy sê Schwarzenegger het hom ook as tiener moed gegee om sy eie dun bene meer lywig te maak.

Die vlieg is ook om ander redes indrukwekkend. Dit is sover bekend die wêreld se kleinste vlieg en is amper misgekyk.

Dié een is net 0.395 mm lank.

Maar terwyl Schwarzenegger sterk bo-bene het, het dié vlieg weer groot voorpote. Die vlerkies is piepklein, dit lyk amper nie soos ’n vlieg nie.

Die vlieg gryp ’n gasheer soos ’n mier of termiet en hou dan vas. Sodra die gasheer die nes bereik teer die vlieg op hom.

Meer oor:  Arnold Schwarzenegger  |  Politikus  |  Liggaamsbouer  |  Vlieg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.