Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Wetenskap-skip gaan dié keer in die winter

Die SA Agulhas II het Maandag op ’n geskiedkundige wetenskaplike ekspedisie uit Kaapstad vertrek om die winter se ystoestande in die Suidelike Oseaan en Antarktika na te vors.

Altesaam 25 navorsers van die Universiteit van Kaapstad (UK) en 70 wetenskaplike deelnemers van Suid-Afrika en die res van die wêreld is aan boord.

Die SA Agulhas II het Maandag op ’n geskiedkundige wetenskaplike ekspedisie na Antarktika vertrek.

Luidens ’n verklaring van die UK is dit die eerste keer dat dit in die winter gedoen word.

“Die ekspedisie is deel van ’n groter projek wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Arktiese Projek (Scale) geborg word. Die oogmerk is om die ys in winterstoestande te bestudeer omdat daar min daaroor bekend is,” lui die verklaring.

“Die projek het ontstaan nadat navorsers ingrypende veranderinge in 2016 gesien het toe die ys drasties vinnig in ’n maand gesmelt het. Gewoonlik smelt die ys in Antarktika oor drie of vier maande. Teen Desember 2016 was die yslaag op ’n rekordlaagte.”

Die span bestaan onder andere uit prof. Marcello Vichi, hoofwetenskaplike verbonde aan die UK se departement van oseanografie, en drs. Katye Altieri en Sarah Fawcett van die ingenieurswesefakulteit, asook profs. Amit Mishra, Tokoloho Rampai en Sebastian Skatulla.

Die span sal ’n nuwe opslaanlaboratorium gebruik wat op die skip ingerig is.

Vichi sê die gebeure van 2016 het statistiese verwagtinge oor die opbou en smelt van ysvlakke weerlê. Antarktiese seeys word gedurende die jaar gewoonlik deur satelliete gemeet. Die betroubaarheid van langafstandsensors berus egter op direkte opmetings op die ys deur wetenskaplikes en weinig sulke metings is al in die winter gedoen.

“Die winterekspedisie is noodsaaklik om die gaping in ons kennis te oorkom,” sê Vichi.

’n Soortgelyke ekspedisie sal in die lente tussen Oktober en November gedoen word om die tydperk waarin die Arktiese seeys vinniger smelt op te teken.

“Ons verwag nuwe wetenskaplike kennis uit die projek. Dit sal al die seisoene in die Atlantiese gedeelte van die Suidelike Oseaan dek.”

Die reis is ’n samewerkingsooreenkoms tussen die genoemde partye asook die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT), die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) en die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria. Die internasionale vennote is Australië, Frankryk, Duitsland, Swede en Brittanje.

Die SA Agulhas II sal op 9 en 10 Augustus in Oos-Londen wees waar die publiek dit kan besigtig en met wetenskaplikes kan gesels.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.