Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Yslike voël was so blind soos ’n mol

Die grootste voël wat tot nog toe op aarde geleef het, die olifantvoël van Madagaskar, was ’n nagvoël wat nie kon sien nie.

Die yslike olifantvoël van Madagaskar wat tussen 500 en 1 000 jaar gelede uitgesterf het. Hulle kon nie vlieg nie en daar is nou uitgevind, nadat ’n rekonstruksie van die brein en skedel gedoen is, dat hulle nagdiere was wat heel moontlik nie sou kon sien nie. Voorstelling: John Maisano/University of Texas at Austin Jackson School of Geosciences.

Nadat ’n breinrekonstruksie gedoen is van dié spesie wat 3 m hoog was, is daar gesien dit sou onmoontlik gewees het vir dié voëls om enige noemenswaardige visie te hê. Hulle sou net in die nag aktief kon wees.

Dié navorsing is pas in die vaktydskrif Proceedings of the Royal Society B gepubliseer.

Olifantvoëls is verwant aan die kiwi van Nieu-Seeland, wat ook nagvoëls is met uiterse swak sig.

Mense het nog saam met die olifantvoëls geleef en het hulle vir duisende jare lank gejag. Die voëls het tussen 500 en 1 000 jaar gelede straks weens die jagtery en die verlies aan habitat uitgesterf.

Daar is voorheen gedink hulle het goeie sig soos die emoe en volstruis gehad, maar nadat die digitale rekonstruksie van die brein gedoen is, is die teendeel bevind.

’n Voël se skedel sit styf om sy brein, dus stem die draaie en kurwes van die been mooi ooreen met die strukture van die brein. ’n Afdruk kan gemaak word uit ’n skandering van die binnekant van die skedel.

Die optiese lob, die senuwees wat sig beheer, was uiters klein vir ’n voël van daardie grootte. Die deel wat reuk prosesseer was weer baie groot in een van die spesies, wat beteken hy sou in woude gebly het.

Die ander spesie s’n was weer klein, ideaal vir graslande.

Meer oor:  Blind  |  Fossiel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.