Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Yulia (15) jongste nóg wat goud wen
Yulia Lipnitskaya, die 15-jarige sierskaatser van Rusland wat Sondag die jongste deelnemer nóg aan die Olimpiese Winterspele geword het wat ’n goue medalje gewen het. Foto: BERNAT ARMANGUE, AP
Julia Lipnitskaya, die 15-jarige sierskaatser van Rusland wat Sondag ’n goue-medalje by die Olimpiese Winterspele in Sochi losgeslaan het. Foto: IVAN SEKRETAREV/AP
Julia Lipnitskaya, die 15-jarige sierskaatser van Rusland wat Sondag ’n goue-medalje by die Olimpiese Winterspele in Sochi losgeslaan het. Foto: BERNAT ARMANGUE/AP
Julia Lipnitskaya, die 15-jarige sierskaatser van Rusland wat Sondag ’n goue-medalje by die Olimpiese Winterspele in Sochi losgeslaan het. Foto: DAVID J. PHILLIP/AP
Julia Lipnitskaya, die 15-jarige sierskaatser van Rusland wat Sondag ’n goue-medalje by die Olimpiese Winterspele in Sochi losgeslaan het. Foto: ARRON CUMMINGS/AP
’n Lutz-trippelsprong

“Yulia, Yulia, Yulia,” het die skare geskree toe die 15-jarige Russiese sierskaatser Saterdag ys in die oë van haar mede-dingers geskop het.

Yulia Lipnitskaya het die individuele komponent van die span-sierskaats-item by die Olimpiese Winterspele in So­tsji met ’n foutlose roetine oorheers.

Sy het ’n deurslaggewende rol gespeel om te verseker dat die Russiese sierskaatsspan ’n goue medalje gewen het, wat haar die jongste gouemedalje- wenner in die geskiedenis van die Winterspele maak.

Haar individuele kortprogram-item is begin met ’n trippel-Lutz, ’n driedubbele sprongkombinasie, wat foutloos uitgevoer is.

Lipnitskaya het aan die einde van haar roetine so vinnig getol dat almal in die Ysberg-skaatspaleis op hul voete was en Lipnitskaya byna moes koes vir al die bosse blomme wat op die ys gegooi is.

Die individuele sierskaats-item vind volgende week plaas en Lipnitskaya het ná haar vertoning Saterdag aan joernaliste gesê sy sal haar vandeesweek daarop moet toespits om seker te maak haar individuele roe­tine is foutloos, berig RT.

Dr. Ross Tucker, sportwetenskaplike aan die Universiteit van Kaapstad, het gesê Lipnitskaya se sukses kan nie net aan ’n enkele faktor toegeskryf word nie.

“Sy het seker op ’n baie jong ouderdom besluit om te spesialiseer, maar ’n atleet soos dié word net een keer in ’n paar generasies gesien,” het Tucker gesê.

Dit is nie te sê dat Lipnitskaya se ouers en afrigters uitermatige druk op haar plaas nie, het hy gesê.

“Wonderkinders soos sy het ’n sogenaamde rage to master, ’n intense drang om iets te bemeester.

“In sulke gevalle kan die kinders die ouers soms uitmergel, want die ouers kan nie bybly by die kind se vereistes nie.”

Lipnitskaya se kalmte tydens haar deelname kan moontlik aan die duisende ure se oefen toegeskryf word, het hy gesê.

“As sy ’n baie moeilike sprong suksesvol uitvoer en geen emosie wys nie, is dit waarskynlik omdat dit vir haar niks vreemds is om dit reg te kry nie.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.