Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Yvonne van den Bergh bieg oor BDSM
Yvonne van den Bergh. Foto: Argief

Die aktrise Yvonne van den Bergh se “tweede beroep en groot liefde” is 'BDSM'.

Van den Bergh, bekend om rolle in Die Vierde Kabinet, 7de Laan en Die Vallei van Sluiers, het dié bekentenis op Facebook gedoen.

Sy is ’n dominatrix – ’n “harde Meesteres”.

Van der Bergh het geskryf sy neem aan geen seksuele aktiwiteite in die “strafkamer” deel nie.

“Ek is altyd ten volle geklee, maar die mans en vrouens [wat] ek straf is uiteraard altyd naak. Ek hou van die CFNM [Clothed Females Naked Men]-fetisj, en beoefen my BDSM [Bondage and Discipline, Dominance and Submission, Sadism and Masochism] so wat klere betref.

“Ek doen lyfstraf en spesialiseer in rottangslaan. Dit is nie al wat ek doen nie. Ek gebruik swepe en sambokke ook. Ek hou ook van rolspeel. Ek het ook verskeie subbies [submissives] en slawe wat ek weekliks straf. Ek doen dit as ’n professioneel en vir plesier.”

Van den Bergh het gesê haar man, die voormalige Geraas-aanbieder, Jacques du Preez, ondersteun haar “tweede beroep”.

“My man stel nie aan lyfstraf belang nie en daarom oefen ek nie die kuns op hom nie. My kinders, my fantastiese ouers weet en my vriende weet. En nou weet julle ook,” het sy op haar Facebook-blad geskryf.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.