Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
ANC stel feitesending aan oor Oos-Kaapse verkiesing
Oscar Mabuyane is nog in die ANC se provinsiale voorsitterstoel. Foto: Argief

’n Span van sewe lede van die ANC gaan binnekort terugkeer na die Oos-Kaap op ’n feitesending oor die provinsiale verkiesing in Oktober.

Die ANC se Oos-Kaapse konferensie het op ’n chaos uitgeloop weens die tweestryd tussen Phumulo Masualle, premier, en Oscar Mabuyane, sekretaris, wat Masualle om die voorsitterstoel uitgedaag het.

Mabuyane het die stryd gewen.

Die hof het ’n aansoek om die ANC se verkiesingskonferensie in die Oos-Kaap ongeldig te verklaar, met koste van die hand gewys.

In ’n verklaring ná die nasionale uitvoerende komitee (NUK) se afgelope spesiale vergadering sê Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, die NUK het besluit om ’n appèlpaneel in die Oos-Kaap aan te stel. Dit bestaan uit vier NUK-lede ondersteun deur drie tegniese assistente.

“Die vier NUK-lede is Sbu Ndebele (voorsitter), Rejoice Mabudafhasi, Joyce Moloi-Moropa en Sdumo Dlamini.”

Die NUK is ondubbelsinnig oor die noodsaaklikheid om te verseker dat alle voorvalle wat plaasgevind het, spoedig ondersoek sal word.
Gwede Mantashe

Mantashe sê die NUK het lank oor die Oos-Kaap se agtste provinsiale konferensie nagedink.

“Een van die kwelpunte oor die konferensie was die geweld wat gelei het tot beserings.

“Die NUK veroordeel geweld, dreigemente en vernietiging van eiendom ten sterkste. Hierdie optrede is teenstrydig met die ANC-tradisie, -waardes en -kultuur.”

Volgens Mantashe is ernstige aantygings ook gemaak van ’n vooropgestelde plan om die konferensie te laat misluk. “Die NUK is ondubbelsinnig oor die noodsaaklikheid om te verseker dat alle voorvalle wat plaasgevind het, spoedig ondersoek sal word.

“Dit sluit in die identifisering van hulle wat verantwoordelik is vir die aanhitsing van geweld. Die NUK veroordeel die gebruik van geweld as ’n manier om enige benoeming of verkiesing tot elke prys te wen.”

Die span sal ná sy ondersoek aanbevelings oor die toekoms van die nuwe provinsiale uitvoerende komitee aan die NUK maak.

Meer oor:  Phumulo Masualle  |  Gwede ­Mantashe  |  Oscar Mabuyane  |  Oos-Kaap  |  Anc  |  Verkiesing  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.