Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die nuwe Netwerk24: Alles op een plek

Netwerk24, reeds die digitale tuiste van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport, is voortaan ook die bymekaarkomplek van die voorste Afrikaanse tydskrifte. Netwerk24 se redakteur, Henriëtte Loubser, vertel meer.

Henriëtte Loubser

Dis die begin van ’n nuwe era vir Netwerk24 – eintlik ’n nuwe era vir Afrikaanse joernalistiek. Soos julle kan sien, het ons ’n hele nuwe baadjie aan. Daar is ’n ander mashoof en ’n klomp nuwe dinge om op te klik wanneer jy by ons kom kuier.

Kom ek val sommer met die deur in die huis: Welkom aan ons tydskrifte-susters en -broers wie se inhoud jy voortaan ook op Netwerk24 gaan kry.

Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg! asook Weg! Ry & Sleep, Landbouweekblad, Baba en Kleuter, TV-Plus, Finweek en SA Jagter – jy kan nou al dié tydskrifte lees as jy ’n Netwerk24-intekenaar is. 

Deur die loop van die volgende twee weke gaan jy boaan ons blad op e-publikasies kan klik en dit sal jou na ’n “biblioteek” neem waar jy jou gunstelingtydskrifte kan kies. Ons sal lesers ingelig hou oor wanneer hierdie lekkerte beskikbaar raak!

Die tydskrifte wat jy so kry, lyk presies nes die papiertydskrifte wat jy elke week of elke maand in die winkel koop. Jy klik net en dan blaai jy om, of jy vee met jou vinger op jou selfoon of tablet na die volgende bladsy. Dieselfde ervaring, net nie op papier nie.

Benewens die tydskrifte, kry jy ook elke dag se koerant: Beeld, Die Burger en Volksblad. En Sondag se Rapport. En 30 gemeenskapskoerante soos TygerBurger, Paarl Post, Weslander, Kalahari Bulletin en Vrystaat. 

Boaan Netwerk24 sal jy nou reeds skakels na al die tydskrifte sien. As jy daarop klik, neem dit jou na die tydskrifte se webtuistes. 

Oor twee weke, vanaf 1 November, sal daardie webtuistes ook die meeste van die artikels bevat wat in die betrokke week of maand se papiertydskrif is, maar in ’n webformaat vir mense wat verkies om dit so te lees. Dus dieselfde woorde en inhoud as wat jy in die papiertydskrif kry, net met ’n ander bladuitleg. Dié tydskrifartikels sal aanlyn net vir Netwerk24-intekenare beskikbaar wees.

Net die waarde van al die tydskrifte en Rapport vir ’n maand lank is byna R700. Voeg daarby jou gunstelingdagblad en jy is byna by R1 000. Dis mos waarde vir geld teen R99 per maand!

Daarmee saam kry jy boonop heeldag lank, sewe dae per week brekende nuus, politieke kommentaar en ontledings, sport, vermaak, sakenuus en raad oor jou geldsake op Netwerk24. Ons het die grootste span Afrikaanse joernaliste in die land. Hulle doen van die toneel af verslag en hou jou aan die voorpunt van gebeure van die stede tot op die platteland.

In ’n neutedop: Die beste nuus- en leefstylinhoud deur die voorste joernaliste en skrywers. In Afrikaans. Alles op een plek.

Geniet dié nuwe era in Netwerk24 se bestaan saam met ons!

Vir diegene van julle wat Netwerk24 op ’n app lees, onthou om die jongste weergawe van die app af te laai.

Tot ons weer gesels,
Henriëtte Loubser, redakteur

henriette@24.com

• Om ‘n intekenaar te word, besoek www.netwerk24.com of klik hier.  Klik op Word ‘n Intekenaar en vul jou besonderhede in. Kies jou betaalmetode en volg die stappe. Jy sal ‘n bevestiging kry dat jou intekening suksesvol is. Is jy steeds onseker? Klik dan hier.

As jy ’n volweek-intekenaar van Beeld, Die Burger en Volksblad is, sluit jou intekening reeds onbeperkte toegang tot alle Netwerk24-inhoud in. SMS die woord “diens” na 31069 vir meer inligting (SMS’e kos R1,50).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.