Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man sterf toe bus, vragmotor in Pretoria bots
Die bus en vragmotor wat Saterdagoggend in ’n ongeluk in die middestad van Pretoria betrokke was.Foto: ER24

’n Man is Saterdagoggend dood toe ’n bus en ’n vragmotor in die Pretoriase middestad gebots en by ’n motorhandelaar se vertoonlokaal ingeploeg het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het kort voor 10:00 op die hoek van Pretorius- en Du Toit-straat gebeur.

Volgens hom het die bus en die trok glo op die straathoek gebots voordat hulle binne-in die vertoonlokaal tot stilstand gekom het.

Nog vier mense is tydens die ongeluk beseer.

Daar was ongelukkig niks wat nooddienswerkers vir hom kon doen nie

Vermaak sê die busbestuurder is dood in die ongeluk. “Daar was ongelukkig niks wat nooddienswerkers vir hom kon doen nie.”

Drie insittendes van die bus is vir hul beserings behandel en na ’n hospitaal in Pretoria geneem.

Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen en is ook na ’n hospitaal geneem.

Niemand wat in die motorhandelaar se vertoonkamer was is tydens die voorval beseer nie.

Die verkeersdepartement is besig met ’n ondersoek na hoe die ongeluk gebeur het. ’n Klagte van strafbare manslag word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.