Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Kia kan gewen word
’n Kia Picanto 1.0 Street van R154 000 is op die spel in vanjaar se RSG-Beeld-Kinderfondsprojek. Die projek is gistermiddag by Kia Motors Edenvale bekend gestel. Op dié foto is Retha Fick, adjunkredakteur van Beeld, Muriël Janse van Rensburg, geleentheidskoördineerder van RSG, Louise Jooste, bemarkingsbestuurder van RSG, Adrie van Staden, skakelbeampte van die Beeld-Kinderfonds, en Christo Valentyn, handelsmerkbemarker en kommunikasiebestuurder van Kia Motors Suid-Afrika. Foto: ALET PRETORIUS

’n Blinknuwe motor is weer op die spel in vanjaar se RSG-Beeld-Kinderfondsprojek – dié keer ’n Kia Picanto 1.0 Street van R154 000!

Vanjaar se projek, die Beeld-Kinderfonds se grootste geldinsamelingsprojek, is gistermiddag by Kia Motors Edenvale bekend gestel.

Kia vier vanjaar 20 jaar sedert hy in Suid-Afrika bekend gestel is en is ’n splinternuwe vennoot van die RSG-Beeld-Kinderfonds­projek.

“Projekte wat ’n daadwerklike verskil maak, kry altyd voorkeur by ons,” sê Christo Valentyn, handelsmerkbemarker en kommunikasiebestuurder van Kai Motors Suid-Afrika.

“Dit is vir ons belangrik om by kinders betrokke te wees omdat ons meen ons kan die toekoms op dié manier beïnvloed. Deur die motor te skenk, spoor ons mense aan om ook betrokke te raak en ’n verskil te maak.”

Louise Jooste, bemarkingsbestuurder van RSG, sê dit is vir die radiostasie belangrik om by ’n betroubare projek betrokke te wees.

“Ons hou ook daarvan dat die geld na verskeie organisasies gaan. RSG-luisteraars het groot harte. Ons betrokkenheid by die projek is ’n manier om aan die gemeenskap terug te gee, want sonder die gemeenskap sou ons nie bestaan het nie.”

Met jou SMS van R30 kom jy terselfdertyd in aanmerking vir kontantpryse. Op dié manier help jy om die lewe vir ’n behoeftige kind beter te maak.

“Ons is baie dankbaar en opgewonde oor Kia se betrokkenheid,” sê Adrie van Staden van die Beeld-Kinderfonds.

Geld wat met die projek ingesamel word, word gebruik om sowat 30 ontwikkelingsprojekte vir kinders te ondersteun.

Jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. Die projek duur tot November.

SMS KIA na 41511. Elke SMS kos R30.

Jy kan jou skenking ook inbetaal by Beeld-Kinderfonds, Absa, 4050654867, takkode 632005.

Gebruik jou selfoonnommer, naam en van as verwysing. Vir navrae stuur e-pos na info@ beeldkinderfonds.co.za of skakel 076 597 1282.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.