Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Winkel in bekende Kaapse sentrum beroof
Die Triggs-juwelierswinkel in die Cavendish-winkelsentrum in Kaapstad is Sondag helder oordag binne ’n kwessie van tien minute beroof.

Volgens ooggetuies het die rowerbende, wat uit vier ongeïdentifiseerde en gewapende mans bestaan, ’n aantal skote tydens die rooftog afgevuur.

Die polisie in die Wes-Kaap het by monde van kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, die voorval aan Netwerk24 bevestig. Die polisie ondersoek die saak.

“Volgens inligting wat die polisie ontvang het, het vier gewapende mans omstreeks 11:30 Sondagoggend die juwelierswinkel beroof. Hulle het met ’n onbekende hoeveelheid juweliersware op die vlug geslaan.”

Volgens Van Wyk is die rowers steeds op vrye voet, en is daar nog niemand in hegtenis geneem nie.

Triggs se bestuur wou Sondag nie oor die voorval praat nie, en het alle navrae na die sentrum se bestuur verwys.

Die sentrumbestuur het Sondagmiddag in ’n verklaring bevestig dat die gewapende rooftog by Triggs juweliers plaasgevind het, en slegs sowat 10 minute geduur het.

“Die vier gewapende mans het die winkel omstreeks 11:15 bestorm en teen 11:25 op die vlug geslaan.”

Volgens bestuur is niemand in die voorval beseer nie.

“Alle winkels is veilig en operasioneel en handel verloop soos normaal.”

Meer oor:  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.