Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
5 vrae aan Lanie van Reenen

Die Avela Foundation gaan einde April die strawwe tog na Everest se basiskamp aanpak om geld vir kinders met brandwonde in te samel. Suzaan Potgieter het Lanie van Reenen, een van die lede, uitgevra oor die tog.

Lanie van Reenen

Wanneer en waarom het julle besluit om die Avela Foundation te stig?

Die Avela Foundation is in 2016 gestig deur Cami Palomo. As vrywilliger het sy betrokke geraak by die Rooi Kruis-hospitaal en baie onder die indruk gekom van die verreikende gevolge van brandwonde op kinders wat die trauma oorleef het net om dikwels, weens hul verminking, verwerping en bespotting te moet verduur.

Sy het besluit om hul “stem” te word en Avela gestig.

Die geld gaan gebruik word vir die oordoen van die brandwondesaal by die Kimberley-hospitaal en om die U-Matter-program te ontwikkel, wat sielkundige hulp sal bied aan pasiënte wat herstel van brandwonde.

Hoe berei julle voor vir die tog na Everest?

Daar is vyf van ons van Kaapstad en ons oefen Vrydag­oggende baie vroeg saam deur Leeukop te klim. Maar dan het ons ook elkeen ons eie oefenprogram wat insluit gym-sessies, fietsry (ek doen my 17de Kaapstad-fietstoer dié jaar), en baie stap en trappe klim.

Ons ontmoet die res van die groep in Katmandoe. Hulle kom van Amerika en El Salvador.

Wat wil julle deur middel van die tog bereik?

Enersyds is dit vir elkeen van ons ’n persoonlike uitdaging, iets waarop ons nóú al moet fokus – fisiek en psigies – ter voorbereiding.

En dan ook te weet dat die geld wat ons insamel werklik vir kinders met brandwonde reuseverskille kan maak.

Die geld gaan gebruik word vir die oordoen van die brandwondesaal by die Kimberley-hospitaal en om die U-Matter-program te ontwikkel, wat sielkundige hulp sal bied aan pasiënte wat herstel van brandwonde.

Om terug te gee is die grootste geskenk wat jy vir jouself en ander kan gee.

Wat was vir julle tot dusver die grootste uitdaging (voor die tog)?

Cami sê dat een van haar uitdagings was om mense bymekaar te maak om die tog mee te maak.

En natuurlik is dit vir elkeen in die groep ’n groot uitdaging om die teikenbedrag van R70 000 in te samel – jy moet nogal knaend wees! Ons móét ook goed voorberei wees – fisiek en psigies.

Hoe verrykend is die werk wat julle met kinders doen en hoe reageer die kinders wat julle help?

Om Cami se woorde te gebruik: Die kinders (wat brandwonde opgedoen het) is mal daaroor wanneer vrywilligers kom en met hulle speel, en vir die kort tydjie wat ons by hulle is, vergeet hulle van hul pyn. Dit is ook lekker om daar te wees en hul ma’s of versorgers ’n blaaskans te gee.

Om terug te gee is die grootste geskenk wat jy vir jouself en ander kan gee.

Meer oor:  Everest  |  Omgewing  |  Buite  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.