Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Buite se natuurfoto-kompetisie: Die bloed en sweet van lekker eet
Die bok wat nié brekfis wil word nie. Gustav van der Gryp het hierdie dramatiese oomblik gefotografeer.
Oeps! Was my oë nou te groot vir my snawel? Marleen La Grange het hierdie grys heron afgeneem
Kos met vlerke. Jaryd Morris (16) het ’n jakkals by sy middagete afgeloer .
Peuselhappies. Willem Breitenbach het moeder en kind by ’n hardekoolboom in Botswana afgeneem.
Voedsel in vlug. Leon Coleske het dié bleeksingvalk met sy veldmuis-wegneemete in die Addo-olifant Nasionale Park op film vasgevang.
Eet Karoobossie vir ’n huppel in jou stap! Johan Mocke het dié klipspringertjie in die Karoo Nasionale Park gekiek.
Waar is daardie vlieg, huh? Donovan Prince het dié knaap in die Meiringspoort gevind.
Njam vir die hors d’vlerke! Albertyn Potgieter het dié laksman en sy ete afgeneem.
Baber-braaivleis of baber-bobotie? Anna-Mart Kruger het dié visarend, peinsend oor sy vangs, afgeneem.
Vlieg nou nog net so ’n bietjie links vir die varsste veldkos waarvan enige roofvoël kan droom! Anton Campbell Harris het dié aksie vasgevang

Ete in die vrye natuur is nié ’n netjiese vurk-en-mes-storie nie. O nee, dis hol en skraap, sweet en bloed. Dié week wys ons ’n keur van die “ete-foto’s” wat Buite-lesers vir ons natuurfotokompetisie ingeskryf het. Wil jy nog inskryf? Stuur dan e-pos na myfoto­@­dieburger.­com vir die reëls.


Hiermee ’n paar:

Die foto’s, in .jpeg-formaat, moet minstens 600 KB en groter wees om vir die pryse in aanmerking te kom.

Die hoofprys vir ons senior wenner is ’n koopbewys ter waarde van R10 000 by Cape Union Mart.

Die tweede prys is ’n koop­bewys ter waarde van R5 000 by Cape Union Mart.

Die wenner in die afdeling vir juniors kry ’n koopbewys van ­Cape Union Mart van R5 000.

Die 15 finaliste (dit is nou die wenners in die senior en die junior afdeling ingesluit) ontvang ook elkeen ’n A1-groot skilderdoek-afdruk van hul foto.

Daar is ’n senior en ’n junior afdeling (vir diegene in 1994 en later gebore). Die juniors moet hul geboortedatum by elke e-pos insluit.

Die beoordelaars kies 50 finaliste (40 seniors en 10 ju­niors) wie se foto’s op 17 November 2015 in Buite en op Die Burger se webtuiste sal verskyn.

Die finale wenners word op 18 November op ’n geselligheid in die Tygervallei-sentrum in Bellville aangekondig, en hul name en foto’s verskyn daarna in Die Burger en in Buite.

Foto’s wat vir dié kompetisie ingeskryf word, mag nie voorheen gepubliseer gewees het nie, en deelnemers stel Buite hiermee dienooreenkomstig skadeloos met betrekking tot enige eise van derde partye vir die skending van kopiereg of inbreukmaking op enige van daardie derde partye se regte weens deelname aan hierdie promosie en/of die toekomstige publikasie of gebruik van foto’s deur Buite.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.