Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
WYN
Durbanvile Hills vier hul 15de jaar in SA-wynbedryf

“Toe die eerste druiwe by die parsmasjiene aankom, was die deel van die gebou waar die verouderingskelder, restaurant en proelokaal nou is, nog nie eens in aanbou nie. Ondanks die uitdagings het die Luipaardsberg Merlot én die Biesjes Craal Sauvignon Blanc van ons eerste oesjaar dubbelgoue Veritas-medaljes verower. Die Durbanville Hills Chardonnay het ’n goue medalje huis toe gebring. In die eerste oesjaar is net meer as 3 000 ton druiwe gepars, maar binne ’n paar jaar het produksie die kelder se volle vermoë van 8 000 ton bereik,” sê Moore.

“Mettertyd het ons al hoe meer produkte bygevoeg om die uiteenlopende terroir van die gebied ten toon te stel. Ons het in die afgelope vyftien jaar merkwaardige wyne geskep wat die unieke smaakspektrum van die wonderlike valleihellings ten beste vasvang.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.