Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Vyftien fotograwe gaan afdrukke ontvang
Hannes Lochner het verlede jaar met dié foto die wenprys ontvang in die portret-afdeling van die internasionale natuurfotokompetisie. Hy het vroeg in sy loopbaan ook ’n prys in Buite se kompetisie gewen.

Planne sal vandeesweek gefinaliseer word om aanstaande Dinsdag te begin met Buite se nuwe Natuurfotokompetisie, skryf Eben Human.

Top-natuurfotograwe het al deelgeneem. Onder hulle is Hannes Lochner, asook Bridgena Barnard en wyle Basie van Zyl, wat internasionale pryse verower het.

Van Zyl was ’n Buite-wenner met sy foto van twee swarttobies. Hy het later in Londen ’n prys gewen met een van sy treffende sterrehemel-foto’s.

Barnard (sien br​id​gena.com) het haar inter­nasionale prys gewen met ’n jagluiperd-foto, en Lochner (hannes​lo​chner.­com) het ook al verskeie pryse gewen. Dit sluit in sy leeu wat ver­lede jaar eerste was in die portret-afdeling van die internasionale natuurfotokompetisie.

Tog bly die kompetisie by uitstek een vir ons ­lesers wat hul beste natuurfoto’s wil uithaal en instuur. Van die foto’s sal weer op ons webtuiste en op Buite se Facebookblad (http://www.facebook/Buitebylae) geplaas word.

Daar gaan weer baie pryse wees. Die tien beste senior fotograwe sal ook hul foto’s gedruk op seildoek ontvang van die borge. Die vyf beste junior fotograwe sal dieselfde kry.

Daar gaan dié slag ook pryse vir vroeë inskrywings wees. Maak dus ­seker julle kry aanstaande Dinsdag Buite en skryf vroeg in.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.