Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Agtste werpsel jagluiperds in Kaapse reservaat gebore

’n Jagluiperdwyfie se GPS-halsband wat gewys het dat sy nie beweeg nie, het vandeesmaand tot die ontdekking van die agtste werpsel jagluiperdwelpies by die Garden Route Game Lodge, ’n natuurreservaat tussen Albertinia en Mosselbaai, gelei.

Abri Olivier, ’n natuurlewebestuurder by die natuurreservaat, het op 4 Februarie opgemerk dat die lesings van ’n jong luiperdwyfie se GPS-halsband wys dat sy verskeie dae glad nie beweeg het nie. Sy vermoede is later bevestig toe hy op ses pasgebore welpies afgekom het, sê die reservaat in ’n verklaring.

’n Jagluiperdwyfie en welpies by die Garden Route Game Lodge. Foto: Verskaf

Die wyfie versteek die welpies in die fynbos en verskuif hulle nou en dan om hul reuk vir roofdiere te verbloem.

Volgens die reservaat sal die ma die welpies die eerste agt weke wegsteek. Daarna hoop die personeel om ’n blik te kry op die ma en haar welpies as hulle saam met haar begin jag.

Jagluiperds is die eerste keer in 2007 in die reservaat vrygelaat en die eerste werpsel is eers vyf jaar daarna gebore.

Na raming is daar slegs 7 000 jagluiperds in die wêreld oor en hulle is op die Rooidatalys van bedreigde spesies.

Die reservaat sê omdat die getalle so laag is, is dit belangrik dat alles moontlik gedoen word om hulle te beskerm.

Die reservaat hoop om saam met die Bedreigde Natuurlewe-trust ’n rol te speel om by te dra tot die volhoubaarheid van ’n geneties diverse jagluiperdbevolking in Suider-Afrika.

Meer oor:  Gebore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.