Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Bedreigde bromvoël kry in 2020 baie aandag
Die bedreigde bromvoël, die grootste neushoringvoëlsoort in Suid-Afrika. Foto: Birdlife South Africa

Birdlife South Africa het dié naweek aangekondig dat die bedreigde bromvoël, die grootste neushoringvoëlsoort, die Voël van die Jaar vir 2020 is.

Die bromvoël is veral volop in die Krugerwildtuin, maar kom ook in beskermde gebiede in die Oos-Kaap en Kwazulu-Natal voor. Hul natuurlike habitat is ’n savanne-bioom.

Dié voëlsoort is bedreig omdat daar minder as 1 500 volwassenes oor is, die helfte van hulle in die Krugerwildtuin. Dit word deur habitatverlies, ontbossing, vergifting en elektriese skokke van kragdrade bedreig.

Die voëlsoort is ook bekend as die dondervoël of die reënvoël omdat inheemse kulture glo dit is ’n belangrike teken van die begin van die reënseisoen.

Die bromvoël bly in sosiale groepe van twee tot nege individue waarin hulle broei. Daar is net een alfa-paar per groep, en die ander is meestal mannetjies.

Die Mabula-bromvoëlprojek se oogmerk is om dié voëlsoort te bewaar. Birdlife South Africa gaan in samewerking met die Mabula-projek bewustheid van die voëlsoort skep met behulp van plakkate, artikels in tydskrifte, sosialemediaplatvorm-plasings, verkoop van handelsware, praatjies aan belangstellendes asook die ontwikkeling van onderwyshulpbronne wat skole gratis van BirdLife South Africa webwerf kan aflaai.

Die Hans Hoheisen-stigting borg die Voël van die Jaar 2020.

Meer oor:  Bromvoël  |  Birdlife South Africa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.