Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
‘Bewaringshelde’ in kollig op webinaar

Veldwagters van verskeie parke, onder wie die eerste vroue-hoofveldwagter van die Krugerwildtuin, is Saterdag deel van die Sanparke-ereveldwagters se gratis webinaar ter viering van die Wêrelddag vir veldwagters.

Cathy Dreyer
Cathy Dreyer, die eerste vroue-hoofveldwagter van die Krugerwildtuin. Foto: Verskaf

Dié organisasie van vrywilligers sê in ’n verklaring hy hou die webinaar om te fokus op sy “bewaringshelde” se stories en om waardering vir hul werk te kweek.

Mense wat op die webinaar inskakel, kan ook verblyf van drie nagte vir twee mense in enige nasionale park van hul keuse wen.

“Die dag word jaarliks wêreldwyd op 31 Julie gevier as ’n dag waarop die moed en vasberadenheid van veldwagters wat hul lewe waag om ons natuurlewe te beskerm, geëer en erken word.”

Die webinaar begin om 14:00 en Cathy Dreyer, hoofveldwagter van die Krugerwildtuin, is lid van die paneel.

Die organisasie sê veldwagters se werk het weens stropery al hoe gevaarliker geword. Daarom word daar ook hulde gebring aan veldwagters wat aan diens beseer of dood is.

“Die voortdurende bedreiging deur stropers plaas geweldige druk op die emosionele welstand van ons veldwagters en hul gesinne.”

Die viering van dié dag is belangrik om die fokus op veldwagters se opofferings en uitdagings te plaas.

Die organisasie hoop ook om op die dag geld in te samel vir sy projek Embrace, wat proaktief voorkomende trauma- en stresbestuursprogramme aan veldwagters en hul gesinne bied.

• Besoek dié blad vir nog inligting oor die geleentheid.

Meer oor:  Sanparke  |  Webinaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.