Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Blommeland wys dié jaar ware kleure

Kenners meen goeie winterreën is uitstekende nuus vir blomliefhebbers, want dit beteken dit gaan ’n goeie blomjaar wees. Daar is ook ander plante, diere en voëls om te sien en hope aktiwiteite om jou besig te hou. Blomtyd is ’n kleurvolle affêre. Kom kyk self!

So ry die inwoners van Nourivier in die Kamiesberge met hul donkiekarre. Gaan klop by hulle aan vir ‘n rit wanneer jy ook Leliefontein besoek. Foto: Eben Human
Springbokke by Skilpad in die Namakwaland Nasionale Park naby Kamieskroon. Dit is ‘n gewilde bestemming in die blomseisoen. Foto: Eben Human
Draai net 7 km noord van Kamieskroon regs na Bowesdorp en dan weer dadelik regs om hierdie ou motor te vind. Dis ook ‘n goeie plek om laatmiddag kokerbome af te neem. Foto: Eben Human
Wees ook gerus op die uitkyk vir die vele voëlspesies, soos dié jangroentjie. Foto: iStock
Die geel surings het verlede week geil in blom langs die Urionskraalpad suid van Vanrhynsdorp gepronk. Dié winterblommetjies is ’n aanduiding dat mooi blomme vanjaar in hierdie omgewing verwag kan word. Foto: Eben Human
As jy ’n klomp kokerbome bymekaar wil sien, besoek die Kokerboom-kwekery op Vanrhynsdorp. Foto: Lizelle van Jaarsveld
Kenners meen dit gaan ’n goeie blomjaar wees, wat beteken daar gaan kans wees om plate blomme af te neem soos hierdie by Postberg naby Langebaan. Foto: iStock
Geniet ’n potjie gholf by die gholfklub in Malmesbury. Foto: Swartland-Toerisme
Elande in ’n see van blomme by Postberg in die Weskus Nasionale Park. Foto: Eben Human

Meer oor:  Blommeland  |  Blomme 2020  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.