Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Buite-fotokompetisie: Genugtig, Martha, kyk net hier!

Ons kry by die dag meer en meer foto’s van lesers vir die jaarlikse Natuurfoto-kompetisie van Buite, die Aquila- private wildreservaat en Cameraworld. As jy nog nie joune gestuur het nie, maak ’n plan. Mik, druk en stuur dit!

Adele van Schalkwyk was die naaswenner in die senior kategorie in 2016.
OËVERBLINDERY: Hilda le Roux van Robertson se inskrywing.
WAT KYK JY? Nick van der Westhuizen het dié foto in Knysna geneem.
WINDVERWAAID: William Scholtz van Port Elizabeth het laas Augustus dié foto in die Serengeti geneem.

Die kompetisie het eindelik begin en jy kan tot 31 Augustus vanjaar inskryf. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

’n Geselligheid sal in September in die Protea-hotel Marriott in Durbanville gehou word, waar die wenners aangewys sal word.

Wat kan ek afneem?

Foto’s van enige dier, voë­ls, insekte en seelewe, plante, landskaptonele en onderwatertonele in Afrika sal in aanmerking geneem word.

Kan die foto’s in enige jaar geneem wees?

Dit moet foto’s wees wat in die afgelope 12 maande geneem is. Indien nie, sal dit nie in aan­merking vir die kompetisie kom nie.

Wie kan kiek?

Daar is ’n afdeling vir seniors en een vir juniors (gebore in 2001 en daarna). Die juniors moet hul geboortedatum by elke e-pos insluit.

Wat kan ek wen?

  • Die hoofprys vir ons senior wenner is ’n tweenag-premier- kothuissafari vir twee in die Aquila- private wildreservaat, insluitend verwelkomingsdrankies, ’n bottel wyn in die kamer, ’n private wildrit met drankies en peuselhappies, ’n uur lange spabehandeling (elk), perdritte en ’n vierwielfietssafari. Die waarde hiervan is R17 500.
  • Die tweede prys is ’n koop­bewys van Cameraworld ter waarde van R5 000.
  • Die wenner in die afdeling vir juniors kry ’n koopbewys van Cameraworld ter waarde van R5 000.
  • Die 15 finaliste (die wenners in die afdeling vir seniors en juniors ingesluit) ontvang elkeen ’n A1-grootte-skilderdoekafdruk van hul foto, geborg deur Cameraworld.
  • Elkeen van die finaliste (behalwe die wenners) kry ’n R1 000-geskenkbewys van Canal Walk, geborg deur die Aquila- private wildreservaat.

Hoe skryf ek in?

  • Stuur jou inskrywings per e-pos na myfoto@media24.comof stuur dit na myfoto@dieburger.com.
  • Die foto’s, verkieslik in .jpeg-formaat, moet 1 MB en groter wees om vir die pryse in aanmerking te kom.
  • Sê asseblief waar, wanneer en hoe laat jy die foto geneem het.
  • As daar mense op die foto is, moet hul naam en van verskaf word.
  • Moenie vergeet om jou naam, adres en telefoonnommers met elke inskrywing saam te stuur nie, want straks is jou foto die beste en dan kan ons jou nie in die hande kry nie. Enige foto wat ingeskryf word, kan die prys wen, nie net dié wat in die bylae of koerant verskyn nie.

Vir die volledige reëls, stuur e-pos na myfoto@media24.com of myfoto@dieburger.com. Die reëls sal outomaties terug­gestuur word.

Meer oor:  Natuurfoto-Kompetisie  |  Foto's  |  Kompetisie  |  Buite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.