Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Cape Epic verlaag inskryfgeld met voorwaardes

Daar heers baie gemengde gevoelens onder bergfietsryers wat ingeskryf was vir die 2020 Absa Cape Epic oor die onlangse nuusbrief van Kevin Vermaak, die stigter, dat geen inskryfgeld van vanjaar terugbetaal gaan word nie, maar dat ryers wel vergoed gaan word as hulle volgende jaar weer wil deelneem.

Die organiseerders van die Absa Cape Epic het bekend gemaak dat die roetes wat ryers vanjaar sou gery het, nou volgende jaar gery gaan word. Foto: Ewald Sadie/Cape Epic

Vanjaar se Cape Epic bergfietsmarathon is etlike ure voor registrasie vir die marathon gekanselleer weens die Covid-19-pandemie.

Die gebeure was ’n groot skok vir fietsryers wat oor die wêreld reeds in die Kaap was vir die byeenkoms.

Luidens die verklaring het alle ryers wat ingeskryf was vir die 2020 byeenkoms outomaties toegang tot 2021, 2022, 2023 of ander byeenkomste wat onder die Epic-reeks val (soos die Swiss Epic).

Elke span kry ’n koepon ter waarde van R44 500 wat hul kan gebruik vir die toekomstige inskrywing. Dit is 50% van die inskryfgeld van 2020. Indien jy voor 15 Junie betaal, ontvang jy nog 25% afslag, wat dus beteken dat jy R23 000 moet inbetaal om weer volgende jaar aan die Absa Cape Epic te kan deelneem.

Die meeste van die ekstras wat mense gekoop het, soos fotografie-pakette word oorgedra na volgende jaar.

“Wat ek nie verstaan nie is dat die Avis-pakkethouers slegs ’n koepon van 65% ontvang. Ons het R40 000 ekstra vanjaar vir die pakket betaal wat opgegradeerde verblyf en vervoer ingesluit het,” sê Roelof van Huyssteen, een van die 2020 ryers wat in die bankwese werk.

Indien jy nie aan een van die Epic-byeenkomste tussen 2021, 2022 en 2023 wil deelneem nie, is daar geen terugbetaling nie.

“Dit beteken dat ek en my spanmaat volgende jaar R23 000 plus R16 000 vir die Avis-pakket sal moet betaal om wel weer aan die Epic in 2021 deel te neem, so ons inskrywingsgeld gaan teen 15 Junie 2020 by R168 000 staan,” sê Van Huyssteen.

Indien jy nie aan een van die Epic-byeenkomste tussen 2021, 2022 en 2023 wil deelneem nie, is daar geen terugbetaling nie.

“Al wat jy sal ontvang is jou Epic-tas en jou goedjies soos ’n T-hemp wat jy saam met die 2020 inskrywing sou gekry het. Dus betaal jy R88 900 vir ’n tas en T-hemp. Die minste wat die Epic-organiseerders vanjaar kon gedoen het, was om vir elke deelnemer hul tas en T-hemp te stuur,” sê Van Huyssteen.

“Ons word basies gedwing om weer deel te neem volgende jaar, want as ons nie die R39 000 nou betaal nie, gooi ons eintlik R129 000 in die water,” sê Van Huyssteen.

Ander 2020-deelnemers soos George Todd, die uitvoerende bestuurder van Merchants, sê weer hy is baie beïndruk met die manier hoe die organiseerders wel die ryers tegemoet probeer kom.

“Onthou, hulle bepalings en voorwaardes is baie duidelik wanneer jy inskryf – as die byeenkoms om een of ander rede gekanselleer word, verloor jy al jou geld.

“Ek het nie verwag dat ons enigiets gaan terugkry nie, so alles is nou ’n bonus. Ons span sal beslis teruggaan vir die 2021 byeenkoms en baie bevoorreg voel om by die wegspring te kan staan,” sê Todd.  

Meer oor:  Cape Epic  |  Voorwaardes  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.