Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Cheetah Experience groet Bloemfontein
Twee jagluiperds van Cheetah Experience buite Bloemfontein. Foto: Facebook/Cheetah Experience

Die gewilde Cheetah Experience verruil Bloemfontein binnekort vir ’n stukkie grond van hul eie buite Bela-Bela.

Riana van Nieuwenhuizen (57), stigter en eienaar, sê dié toeristeattraksie gaan ná 13 jaar ’n heeltydse tuiste in Limpopo kry.

“Vir al die jare wat ons buite Bloemfontein gevestig was, het ons nooit grond van ons eie gehad nie; ons moes die heeltyd huur.”

Van Nieuwenhuizen en haar sowat 52 diere, wat ’n groot verskeidenheid uit die katfamilie insluit, kon met behulp van finansiering van hul buitelandse ondersteuningsnetwerk ’n plaas van 272 ha buite Bela-Bela koop.

“Vir die eerste keer is die grond ons eie en nou kan ek na hartelus uitbrei en bou aan ’n nalatenskap op my eie stukkie grond.”

Volgens Van Nieuwenhuizen sal Cheetah Experience steeds op die bewaring, vrylating en rehabilitasie van diere fokus.

“Die internskapprogramme vir plaaslike en internasionale vrywilligers bly ook op dreef,” sê sy.

“Dit is net nou op ’n plek groot genoeg vir ontwikkeling en waar ek my nie hoef te bekommer dat iemand my van die werf afskop nie.”

Van Nieuwenhuizen sê sy hoop, as alles goed gaan, om

teen einde September begin Oktober met die groot trek te begin.

“Ek gaan vreeslik huil die dag dat ek hier (uit Bloemfontein) moet trek. Ek kyk om my na ’n plek wat ek uit niks opgebou het.”

Maar, sê Van Nieuwenhuizen, sy is opgewonde oor die toekoms by hul nuwe tuiste.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.