Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Citrusdal se sitrusboorde en blomme wink vir jou

Citrusdal is ’n bedrywige plattelandse dorp wat aan die Weskus tussen welige, groen sitrusboorde geleë is – net minder as twee uur se ry via die N7 vanaf Kaapstad. Dit word omring deur ’n buitengewone natuurskoon en lê tussen die Koue Bokkeveld en die Swartberge.

Citrusdal
Wanneer jy Citrusdal tussen Julie en Oktober besoek, sal jy talle pragtige blomme sien. Foto: Argief

Die naam van die dorp is geïnspireer deur die wydverspreide voorkoms van sitrusvrugteboerderye in hierdie streek. 

Benewens die sitrusvrugte verbou boere ook rooibostee en groente, produseer heuning en hou beeste en skape aan.

Citrusdal is meer as 100 jaar gelede deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk gestig en het ’n bevolking van meer as 5 000 inwoners. Kom kyk gerus na die ou klipkerk in die dorp wat gerestoureer en in ’n museum omskep is. Hier sal jy meer leer van die kulturele geskiedenis van die San-inwoners in die omgewing. 

Vir blomkykers is dié gebied net die plek om te besoek. Citrusdal is langs die Kaapse blomroete en tussen Julie en Oktober sal jy deur ’n blommekombers, wat oor die hele streek strek, verras word. Jy kan sowat 4 000 verskillende spesies blomme sien. 

Moenie vergeet om The Baths, ’n natuurlike-warmwaterbron-oord, te besoek nie.

  • Saamgestel deur Denique Smith
  • Bron: Wikipedia, Citrusdal Tourism 
Meer oor:  Citrusdal  |  Blomme  |  Buite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.