Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Clivias binnekort in Welkom

Wye belangstelling heers vir die negende jaarlikse Noord-Vrystaatse Cliviaskou wat binnekort in Welkom gehou word. Belangstellendes sal ook die geleentheid hê om uitsonderlike clivias te koop.

Die skou word op 14 en 15 September in die Torontosaal in Jan Cellierspark, Welkom, gehou. Skougangers sal op die Saterdag, 14 September, tussen 08:00 en 16:00 en die Sondag tussen 09:00 en 13:00 na die plante kan gaan kyk.

Toegang is R10 vir volwassenes. Leerlinge hoef nie te betaal nie. Daar sal ook ’n teetuin wees.

Die Noord-Vrystaatse Cliviaklub is in 2011 gestig en het tans 30 lede.

‘n Seldsame clivia, of boslelie, wat Stefan Ferriera gekweek het. Foto: Verskaf
Een van Stefan Ferreira van Welkom se clivias wat in Bloemfontein as die beste op die skou aangewys is. Foto: Verskaf

Dié stokperdjie is veral onder mans gewild.

Stefan Ferreira, voorsitter van die klub, het meer as 800 plante in sy kwekery in Riebeeckstad, Welkom. Van sy plante is al sewe keer op die Clivia-skou in Bloemfontein as die beste op die skou aangewys en drie keer in Welkom op die Noord-Vrystaatse skou.

Hy skryf sy sukses toe aan “harde werk en toewyding.”

Hy het tussen 2000 en 2002 talle plante aangekoop en self begin kweek.

“As ons nie baie koue winters kry nie, soos die afgelope jaar, floreer die plante en blom vroeg.”

Hy sê daar is tans meer as 100 verskillende klasse op skoue.

Elf skoue word van begin September landwyd gehou.

Die eerste skou is in Pretoria.

Meer oor:  Blomme  |  Welkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.