Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Dis ‘Kersfeestyd’ in Tulbagh!

Tulbagh bied dié naweek weer sy jaarlikse Kersfees-in-die-winterfees aan.

Die dorp sal versier word met Kersliggies en -bome en tradisionele Kersetes sal by plaas­like restaurante bedien word.

Kom besoek Tulbagh en deel in sy jaarlikse Kersfees-in-die-winterfees. Sluit ’n besoek aan die wynlandgoedere in. Foto: VERSKAF

Kom geniet verskeie soorte kase, Belgiese sjokolade en olywe.

Verkyk jou aan die verskeidenheid Kersfeesdinge, en laat die kinders saam met Kers­vader in die historiese Kerkstraat ry en hom sommer ook help om geskenke uit te deel.

Springkastele, ponieritte en gesigverf is van die doendinge wat die jongspan besig sal hou.

Terwyl die kinders besig gehou word, kan jy deelneem aan ’n wedloop deur die wingerde, ’n trekkerrit op die historiese Oudekloofpas geniet of op ’n perd se rug die skoonheid van die natuur beleef.

Moet ook nie vergeet om die vallei se wynlandgoedere te besoek nie.

Sluit aan by die wynmakers en hul personeel vir wynproeë, toere van die verskeie kelders en ’n verskeidenheid aktiwiteite wat aangebied word.

Wanneer?Saterdag en Sondag

Waar? Tulbagh

Hoeveel kos dit? Kaartjies kos R100 per persoon en R60 vir kinders tussen 13 en 17 jaar oud. Kinders onder 12 jaar kry gratis toegang. Kry jou kaartjie by www.quicket.co.za.

Meer inligting: 023 230 1348/1375 | info@tulbaghtourism.co.za | www.tulbaghtourism.co.za

Meer oor:  Tulbagh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.