Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Eilandvoël was dalk lus om Karoo te sien

Die natuur het talle geheime, maar die verhaal van die seemeeu wat in die dorpie Calitzdorp beland het, is voorwaar ’n eerste – en oor hoe dit gebeur het, kan ’n mens net wonder.

Karoolus, die rooistert-tropevoël wat in die Karoo gevind is.Foto: cango wildlife ranch

Hulle is egter baie skaars in Suid-Afrika – die laaste besigtiging was vier jaar gelede naby Port Elizabeth . . . tot 2 Februarie, toe ’n oproep vroegoggend ontvang is oor ’n vreemde voël wat in Bergsig, Calitzdorp, deur ’n seun, Joseph, ’n inwoner, gevind is.

Joseph het die voël van ’n groep nuuskieriges gered en hom na Karen Whiteley, dierewelsynsaktivis, geneem wat die geveerde dier by die Cango Wild­life Ranch aangemeld het.

Die Cango-span het die voël aangemeld by Sankub in die Kaap en aansoek gedoen vir die permitte om hom te vervoer na hul geriewe waar hulle na hom kan omsien.

Hulle het die seevoël, wat nou Karoolus heet, Sondag na sy nuwe tuiste geneem. Voor dit, in sy tyd by die Cango Wildlife Ranch se dieresorg-eenheid, is daar drie keer ’n dag louwarm baddens (tussen 29-30 °C) vir hom getap vir sy spesie-spesifieke verlange om in die warm water van die tropiese kus te swem.

  • Karoolus is op Sondag 10 Feruarie deur die span van Cango Wild­life Ranch tot by Sankub in die Kaap geneem om seker te maak hy reis veilig en om hom veilig te oorhandig.
  • Bron: Cango Wildlife Ranch
Meer oor:  Calitzdorp  |  Karoo  |  Eilandvoël
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.